Se ha denunciado esta presentación.
Utilizamos tu perfil de LinkedIn y tus datos de actividad para personalizar los anuncios y mostrarte publicidad más relevante. Puedes cambiar tus preferencias de publicidad en cualquier momento.

Oefening 1.2

838 visualizaciones

Publicado el

http://www.afrikanergeskiedenis.co.za/lesplanne

Publicado en: Educación
  • Inicia sesión para ver los comentarios

  • Sé el primero en recomendar esto

Oefening 1.2

  1. 1. OEFENING TWEE Wanneer het dit gebeur? Wat het gebeur?
  2. 2. Wanneer het dit gebeur? Wat het gebeur?
  3. 3. Landing van Van Riebeeck aan die Kaap Martiens van Bart DIE bekende skildery van Charles Davidson Bell (1813–1882) wat die landing van kmdr. Jan van Riebeeck en sy gevolg op Tafelberg se strand in April 1652 uitbeeld, het in 1851 op die First Exhibition of the Fine Arts ’n goue medalje aan die skilder besorg. Bell was van Skotse herkoms en ’n kleinneef van die indertydse Britse goewermentsekretaris aan die Kaap, sir John Bell, wat Charles as goewermentslandmeter aangestel het. Phillida Brooke Simons gee in haar onlangs verskene biografie The Life and Work of Charles Bell, Fernwoord Press, die titel van hierdie skildery aan as The landing of Van Riebeeck, 1652. 1850.
  4. 4. In sy sinopsis van Bell in die Standard Encyclopaedia of Southern Africa, Nasou 1970, skryf Frank R. Bradlow: “A competent artist, he (Bell) won a gold medal in the Fine Arts Exhibition of 1851 for the ‘best original historical painting in oil of the Cape’ with his painting the Landing of Van Riebeeck at the Cape of Good Hope, 1652.” (vol. 2, p. 127). Poskaarte met ’n afbeelding van dié skildery word verkoop by die SA Biblioteek, waar die oorspronklike werk ook bewaar word. ’n Byskrif op die poskaart lui egter: Jan van Riebeeck ontmoet die Hottentotte/ Jan van Riebeeck meets the Hottentots April 1952 deur/by Charles D. Bell 1860. Aan die linkerkant van die groot skildery (75,9 cm x 92 cm) beeld Bell die landing van ’n skuit uit met matrose wat swaar bagasie aan wal dra. Die sentrale groep, vyf Hollanders in Europese kleredrag van die middel sewentiende eeu, het die Nederlandse vaandel by hulle. Regs is vier inboorlinge (twee mans en twee vroue) in hul eiesoortige kleredrag. Drie sit en een man staan regop voor die Hollanders en beduie met sy vingers.
  5. 5. Brooke Simons skryf hieroor (uit Engels vertaal): “Alhoewel hierdie prent oor die jare telkemale as illustrasie in verskeie geskiedenisboeke gebruik is, is dit natuurlik ’n geïdealiseerde samestelling van wat gebeur het, in die besonder as uitbeelding van die kommunikasie tussen Van Riebeeck en sy metgeselle en die Khoisan-inwoners van die Kaap. “Die heroïese kwaliteit van die styl van die skildery – in die noue, piramidale groepering van die Europeërs, gebaai in die lig van die sentrale komposisie – is Bell se respons op die uitbeelding wat die kunstentoonstelling gestel het ten opsigte van die akademiese skilderwerk aan die Kaap,” skryf sy. ’n Leser van Die Burger het onlangs in die meningskolomme beweer dit is ’n “mite” dat hierdie skildery Van Riebeeck se aankoms aan die Kaap uitbeeld. Volgens hom beeld dit “Van Riebeeck se eerste ontmoeting met die ‘Hottentotte’” uit. Hy het egter nie sy besondere inligtingsbron aangegee nie.
  6. 6. ’n Besonderse veelsydige mens was Charles Bell (1813-1882) – ’n Skot wat in 1833 as landmeter-tekenaar na die Kaap gekom het. Hy was ook ’n baie goeie tekenaar van verskillende onderwerpe. Sy olieverfskilderye het sterk romantiese element in. Om ’n “groot” gebeurtenis wat twee eeue te vore plaasgevind het geheel en al uit die fantasie te skilder, is op sigself al iets besonders vir sy tyd. In ’n grotendeels monochromiese bruinerige omgewing staan die kommandeur Jan van Riebeeck en sy geselskap in kleurryke en smetlose kleding, trots en waardig op ’n effense hoogtetjie en deur ’n sonstraal beskyn teenoor die nederige verteenwoordigers van die Strandlopers. BRON: Kuns in SA, 1981
  7. 7. Vanaand (5/4/1652) het Jan van Riebeeck aan die skipper David Connick opdrag gegee om die volgende dag teen dagbreek te land. Hy moes met ses soldate gaan soek of daar briewe onder die gebruiklike klippe gelaat is. Dan moet hulle visvang in die Verserivier en groente saambring vir die bemanning. BRON: Nuusbode, A.J. Boeseken, 1952, p.4.
  8. 8. In die meegaande spotprent deur T.O. Honiball (1905–1990) gebruik hy juis die bekendheid van Bell se skildery vir advertensie- doeleindes (’n wynpromosie). Vandag sal hierdie spotprent nie dieselfde impak hê nie. Maar soos die Suidoos, die Kaapse Dokter skadelike dinge wegwaai, só sal veranderende tye ook in hierdie geval straks ’n genesende amnesie bring.
  9. 9. Maar met die winde van veranderinge het dit skynbaar daar afgewaai en dié wat oorleef het, “skuil” nou in pakkamers, vergete. Die emosies wat dit by baie hedendaagse aanskouers ontlok, is die vernaamste rede. Soos die geval is met baie skilderye van weleer, is dit die inhoud – die tema en die spesifieke manier waarop dit aangebied word – wat kwetsend mag wees. Wanneer ’n objek soos Tafelberg komieklik verbeeld is, lag ons en merk op dat die kunstenaar seker nooit self die berg gesien het nie. En dit was inderdaad soms die geval. Ook het herhaalde kopiëring van swakkerige oorspronklikes soms bygedra tot nóg belagliker weergawes.
  10. 10. Simboliek, soos om Leeukop letterlik soos ’n leeu te teken, kon ook ’n rol speel. Maar dit is dooie dinge daardie, nie mense nie. En as mens ’n persoon karikaturiseer (behalwe vroue; wyk Satan, spotprenttekenaars hou verbý!) is hiperbool tog aanvaarbaar. Stel jou egter voor dat ’n skilder mense in ’n realistiese styl uitbeeld en hulle lyk op een of ander wyse minderwaardig, primitief of agterlik. En boonop in skrille kontras met ’n ander groep wat teenoor hulle opgestel is. Ek verwys na “Die landing van Van Riebeeck, 1652” deur Bell in 1850 geskilder. Let wel, dis nie post-1948 gedoen nie; maar wel gedurende die Britse koloniale periode. Mens praat hier dus van ’n koloniale perspektief, wat Westerlinge as gekultiveerd (raai, selfs soldate en matrose!) beskou het, teenoor die “barbaarse” inheemse mense.
  11. 11. Riebeeck as die hoogste figuur in die komposisie geplaas, asook die enigste een wat ’n blou gewaad aan het. Interessant dat hy die ander Nederlanders, behalwe die swartgeklede prediker (sieketrooster), in rooi getooi het. Gewoonlik sal die sentrale persoon of fokuspunt in ’n opvallender kleur uitgebeeld word. Ook interessant dat die Khoi-mense wel eenvoudig voorkom, maar tog nie so grotesk soos in sekere ander uitbeeldings nie. Met die eerste oogopslag lyk hulle baie soos bedelaars (bergies?), maar dan merk mens dat hulle relatief eenvoudig. maar nie armoedig geklee is nie. Hulle kniel ook nie – vry mense dié, nie slawe nie! Die man (Autshumao/Herrie?) wat met Van Riebeeck praat, word byna op dieselfde hoogte as hy geposisioneer. Die feit dat die res van die Khoi-Khoi sit, beteken nie noodwendig dat hulle dit doen om onderdanigheid te betoon nie – altans nie spesifiek aan die aankomelinge van oorsee nie. Bell het skynbaar moeite gedoen om die kleredrag en gelaatstrekke van die betrokke mense te bestudeer, oftewel verteenwoordigers van die twee groepe.
  12. 12. Die onderhandelinge het duidelik reeds begin, want ’n kis is oopgemaak en dit lyk asof die Khoi-leierfiguur besig is om te met sy vingers ’n getal aandui; dus sy voorwaardes te stel, met sy mense wat aandagtig toekyk. Met hierdie skildery het Bell ’n goue medalje gewen by die Eerste Uitstalling van die Skone Kunste in 1851 (aan die Kaap), vir die beste historiese skildery – ’n heroïese, geïdealiseerde voorstelling van die gebeure wat 16 April so ’n betekenisvolle dag gemaak het. Die Europeërs staan in ’n sonkol te midde van heelwat wolkbedekking – dalk nie net asof ’n lig op hulle skyn soos op ’n verhoog nie, maar asof die son oor Afrika opgekom het of deur onweerswolke gebreek het. Miskien ’n aanduiding dat die Westerse beskawing dinge sou verbeter, soos toe deur kolonialiste en Empaaierbouers soos Bell geglo is. Vandag is dít ’n aanvegbare standpunt. Tafelberg en omstreke wat die agtergrond uitmaak, is heel goed geskilder en die groene en bruine is tipies van die klassieke akademiese tradisie. Só ook is die kleredrag en wapentuig gedetailleerd en op die oog af korrek. Uiteindelik is dit die simboliek wat kwets. En die nasate van enige van die karakters in die skildery.

×