Se ha denunciado esta presentación.
Se está descargando tu SlideShare. ×
Anuncio
Anuncio
Anuncio
Anuncio
Anuncio
Anuncio
Anuncio
Anuncio
Anuncio
Anuncio
Anuncio
Anuncio
Cargando en…3
×

Eche un vistazo a continuación

1 de 9 Anuncio

Más Contenido Relacionado

Anuncio

Omsendbrief 2

  1. 1. OMSENDBRIEF EERSTE KWARTAAL 2019 Geagte CAB maats Op, Sondag 02 Desember 2018, het ons afskeid geneem van Ds en Juffrou Van Rooy. Ons wil die VGKSA Rynse gemeente bedank vir u gasvryheid en dat ons die afskeidsdiens in die gemeente kon hou. Groot dank en waardering word uitgespreek aan ons voorsitter, Br Wilfred Pietersen wat aan die voortou was van elke reëling. Dit was puik soos altyd. Aan elke CAB maat wat geen onkoste ontsien het om die dag met ons mee te maak nie, baie baie dankie. Sonder u sou die dag nie suksesvol gewees het nie. Ds en Juffrou van Rooy sal nog steeds lede van die CAB wees, en betrokke wees. So kyk gerus uit vir hulle. Aan Ds en Juffrou, weerens baie dankie vir u onbaatsugtige diens aan die Here en aan die CAB. Mag u die rus geniet en u sal altyd in ons gebede bly.
  2. 2. Photos van die afskeid. Al die photos is beskikbaar op die CAB Facebook page. 1. GEBIEDSKONGRES Dis weer tyd vir ons verskeie Gebiedskongresse. Daar is tans 6 Gebiedskongresse wat in 2019 sal plaasvind. Gebiede wat na aanmekaar geleë is, maak ‘n gebiedskongres uit. U kan self ‘n beplanning kommitee kies om die kongres te reël. Gelde word ook self deur die Gebied hanteer. In gevalle waar u graag wil hê dat die gelde inbetaal moet word by hoofkantoor, moet u kennis neem dat daar ‘n 10% heffing fooi verbind sal wees. Die tema van die Gebiedskongres is Die trauma wat afhanklikheid veroorsaak. Ons vra dat u so spoedig moontlik u datums deurstuur. Die volgende datums is alreeds bekom van Gebiede : Streke 2,3,4,16 : 20-22 September 2019 Streke 10,11,18,19,24 : 27-29 September 2019 Ons vra dat u so ver moontlik nie u gebiedskongres reël op bogenoemde datums nie. Ons wil ook by hierdie geleentheid ‘n Gebiedskongres dankoffer die Sondag opneem. Daarom vra ons
  3. 3. dat waar die Erediens sal wees, dat u ‘n reëling tref met die Kerkraad dat die offer ook opgeneem sal word. Hierdie is deel van een van ons fondsinsamelingspoging vir die jaar. In ons laaste omsendbrief het ons aangedui dat ons ‘n te kort van R157 000 gaan het vir die jaar. Ons maak staat op u samewerking. 2. SKOON MAAK PROJEK 2019 Ons herinner u ook van ons skoon maak projek. Onderaan is photos van die stand van sake by die kantoor. Ons wil graag ons kantoor ‘n bietjie mooier maak, en doen ‘n beroep op enige een wat graag wil donasies skenk of finansiële bydrae wil maak. Die hele projek insluitend arbeid gaan ons R31 350.00 kos. Hier is die uiteensetting : BESKRYWING GROOTE KLEUR HOEVEELHEID PRYS Tradepro sb primer 20L Wit 3.00 R2 265.00 Plascon Wallsesal 20L Pastel 3.00 R3600.00 Tradepro Brill.Sheen 20L Pastel 2.00 R1670.00 Lacq.thinners 5L 2.00 R282.00 Alcolin paintersmate 260ml Wit 4.00 R126.00 Duram Rainkote 5L Grys 1.00 R240.00 Duramesh Membraan 200mm 2.00 R130.00 Ons beplan ook ‘n skoonmaak dag, en sal u in kennis stel van die datum. Ons maak staat veral op die nabye takke om ons te help. Daar kort veral gordyne en ‘n yskas. Ons benodig ook die vrye dienste van ‘n elektrisiën en ‘n timmerman wat vir ons ingeboude kaste kan insit . Ons het alreeds ‘n mikrogolf oond as skenking gekry en ons sê aan die egpaar baie dankie daarvoor. Enige navrae in verband met enige skenking, kan u vir Winnie of Ds Williams kontak.
  4. 4. 3. VERSLAE EN HEFFINGE Die heffings vir 2018/2019 sien uit soos volg : TAK STREEK JAARVERSLAG HEFFING LEDEGELD 1. 24 Riviere 5 2 Agterpaarl 20 √ 3. Avondale 1 R300 4 Beaufort Wes Oos 13 R300 5 Bella Vista 16 √ R300 R280 6 Bergrivier 20 √ 7 Bet-El 18 √ R300 R140 8 Blanco 11 √ R300 R340 9 Bloemendal 18 √ R300 R500 10 Brandvlei 8 √ R300 R240 11 Britstown 10 12 Broodkraal 5 13 Calendon 2 R300 14 Ceres 16
  5. 5. 15 Colesberg 10 16 Concordia 7 R300 R120 17 Darling 5 R300 18 De Aar Oos 10 √ R300 R260 19 De Doorns 3 R300 R300 20 Die Goeie Hoop 21 R300 R200 21 Die Slot 21 √ R300 R380 22 Dysselsdorp 19 R300 R100 23 Ebeneaser 18 R300 R360 24 Eerste Rivier 21 25 Eerste Rivier Suid 21 √ R300 R240 26 Emmanuel 14 R300 R260 27 Florianville 17 28 Franschoek 15 √ R300 R220 29 Garies 7 R300 R200 30 Gelvandale 18 √ R300 R440 31 George 11 R300 R300 32 Goudini 3 R300 R300 33 Griekwastad 17 34 Grootbrakrivier 11 35 Hanover 10 √ 36 Hartswater 17 37 Heidedal Suid 38 Humansdorp 18 √ R300 R140 39 Idasvallei 15 40 Immanuel 20 √ R300 R160 41 Kakamas 9 R300 R200 42 Keimoes 9 43 Kenfac 21 R300 44 Kenhardt 9 45 Kimberley Noord 17 46 Kommagas R300 R120 47 Koringberg 5 √ 48 Kraaifontein 1 49 Kylemore 20 R300 R280 50 Laingsburg 3 √ R300 R150 51 Lavender Hill 21 52 Lentegeur 21 R300 53 Loeriesfontein 8 54 Macassar 21 R300 55 Maitland 1 R300 R100 56 Malmesbury 5 R300 57 Middelburg R300 R220 58 Midros 14 59 Mitchells Plain 21 R300 60 Moorreesburg
  6. 6. 61 Moreson 19 R300 62 Moria 1 √ 63 Nababeep 7 64 Newton √ R300 R240 65 Nieuwoudtville 66 Noord hoek 21 R300 R150 67 NUY 3 68 Oudtshoorn 19 √ R300 R260 69 Okiep 7 R300 R100 70 Oos Londen 24 R300 71 P.A Hamlet 16 √ R300 R220 72 Pacaltsdorp 11 73 Piketberg 5 74 Plettenberg Baai 11 √ R300 R200 75 Pofadder 7 R300 R370 76 Porterville 5 R300 77 Retreat 21 R300 R200 78 Richtersveld 79 Rietvale 17 √ R300 R140 80 Robertson 4 81 Sarepta 21 R300 R400 82 Scottsdene 15 83 Simondium 15 √ R300 R280 84 Skuinskraal 11 85 Springbok R300 86 Strand 21 R300 R200 87 Sutherland 8 88 Swellendam 4 89 Touwsrivier 3 90 UDSG 18 91 Uitenhage 18 92 Uniondale 19 R300 R100 93 Upington 9 94 Van Wyksvlei 20 95 Voor Groenberg 20 R300 R100 96 Vredenburg 5 √ R300 R240 97 Vredendal 6 98 Wellington 20 √ R300 R200 99 Wesfleur 1 R300 R1600 100 Williston 8 √ R300 R380 101 Worcester 3 102 Worcester Oos 3 103 Worcester Suid 3 104 Zions 20 R300 R180
  7. 7. Indien u taknaam nie hier verskyn nie, kontak die kantoor sodat ons u gegewens kan kry. Ons moedig takke aan wat uitstaande is, om so spoedig u gelde in te betaal. Sluitingsdatum is 31 Maart 2019. Die tak heffing gelde is R300 en lede gelde is R20 pp. U kan dit en enige kollektes of donasies in die volgende rekening betaal : Naam van rekening : Christian Dependency Ministry Bank : Standard Bank, Worcester Rekeninng nr : Tjek rekening 083397698 Tak kode : 050-407 Baie dankie ook aan almal wat hul pledges betaal het asook takke wat geld geskenk het. Vind aangeheg 2017/2018 Jaarverslag vir takke wat nog nie hul verslag ingehandig het nie, asook die nuwe verslag vir 2018/2019. 4. Kommunikasie Takke word aangemoedig om photos van u werksaamhede op die CAB se Facebook page te plaas of u kan dit whatsapp na 071 261 4595 of 082 558 9321 met ‘n kort beskrywing van wat u gedoen het. Neem ook kennis van die volgende kommunikasie gegewens : Facebook page : CAB Kantoor : 023 3486369 / epos : cab@toevlug.org Faks nommer : 0865994307 Ds Williams : 082 558 9321 ( Ds Van Rooy se ou nommer)/ epos : cwilliams@cabcdm.co.za Web page : www.cabcdm.co.za Vind ook ingesluit ‘n vorm wat in gevul moet word van elke lid ,horizon kids ingesluit, van u CAB tak. Hierdie gegewens het ons nodig vir ons databasis maar ook om onsself te registreer as diensverskaffer by maatskaplike dienste. Ons vra dat u so spoedig moontlik die vorm voltooi en kantoor toe stuur. Takke word ook aangemoedig om u datums veral Eredienste vroegtydig aan die kantoor te stuur indien u gebruik gaan maak van Ds Williams as prediker.
  8. 8. ‘n Paar photos van die afgelope Streekopleidings. Meer photos is beskikbaar op die Facebook page. 5. Die pad vorentoe Soos ‘n Josua van ouds, moet ek in die voetspore van iemand loop wat meer as 40 jaar met hart en siel die CAB gedien het en die werk van God gedoen het tot die beste van sy vermoë, met vele opofferinge. Dis met nederigheid en totale afhanklikheid aan God dat ek die werk gaan aanpak. Dalk nie op dieselfde wyse waarop my voorganger dit gedoen het nie, maar ek kan u belowe, dit sal met dieselfde passie en toewyding wees. Ek het begin in die CAB as finale jaar student, want ons moes in ons praktiese jaar werksaam wees in die gemeente. Ek het die CAB gekies omdat ek daar gesien het mense wat gebroke is, maar wat met liefde en deernis met mekaar werk. Ek het daar kom leer van pragtige jongmense wat vasgevang is in die euwel van drank en dwelmmisbruik en dis daar waar ek ‘n verskil wou maak : in mense se lewens.
  9. 9. Behalwe my afhanklikheid van God, gaan ek ook die ondersteuning en gebede van u as CAB maats benodig. Laat ons mekaar se hande omhoog hou in die verwoestende tyd waarin ons leef. Die geveg is nie met mekaar nie,maar teen die euwels in ons samelewing. Mag ons hierdie nuwe pad aandurf saam mekaar, en saam ons lewendig God wat ons tot hierdie roeping gelei het. Mag u in 2019 die lig wees in iemand se donker lewe, mag Hy u staande hou as die versoekings kom, en mag ons die versekering het : “ Ek self gee jou die opdrag : Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.” Josua 1 : 9 CAB Groete Ds Claudette Williams

×