Se ha denunciado esta presentación.
Se está descargando tu SlideShare. ×

Omsendbrief 3de kwartaal 2017

Anuncio
Anuncio
Anuncio
Anuncio
Anuncio
Anuncio
Anuncio
Anuncio
Anuncio
Anuncio
Anuncio
Anuncio
Cargando en…3
×

Eche un vistazo a continuación

1 de 4 Anuncio

Más Contenido Relacionado

Anuncio

Omsendbrief 3de kwartaal 2017

  1. 1. 1 Omsendbrief 3de kwartaal 2017 Aan: CAB takke, Geaffilieerde Takke , Streekbesture, Hoofbesture en kerkrade Van. CAB Hoofkantoor Worcester. eliefdes, roete in die Naam van die Koning van alle konings wat CAB dra, versorg en lei. Ons is in die pylvak van die Nasionale Kongres en ons is kliphard besig om alles in orde te kry vir die kongres en verjaardagvieringe van 29 September tot 1 Oktober. Ek hoop dat u teen hierdie tyd gestewel en gespoor is om die rit na die skilderagtige Tulbach aan te pak. Ons bespreek enkele sake van belang in hierdie uitgawe. KONGRES: Onthou asseblief die volgende.  Registrasie vind plaas vanaf 11 uur tot 14.00 . Soos wat u aankom kan u aanmeld vir registrasie.  Onthou asseblief dat ons soos in die verlede nie voorsiening gemaak het vir middagete nie aangesien persone nog so laat as 3 uur eers opdaag en dit onmoontlik is om die kombuispersoneel heeltyd op gereedheid te hou.U moet dus asseblief genoeg padkos saambring.  Die twee onderwerpe vir bespreking vir die kongres is: Die Rol van Godsdiens in die genesing van ‘n Afhanklike en die ander een : Die versorging van die persoon wat die diens in CAB verrig. Ons praat oor die Godsdiens se rol omdat dit maklik kan gebeur dat ons begin dink dat ons net aan die geestelike welsyn van die persoon aandag moet gee terwyl die gesin, gesondheid en werk op die agtergrond geskuif word. Die tweede onderwerp het te make met die feit dat ons soveel van ons eie geestelike krag met die afhanklike deel dat ons later self uitgebrand raak en die lus om te help verloor.  Saterdagaand is die hoogtepunt van ons verjaardagvieringe. Ons het dan ‘n Gala-aand met verskillende sprekers wat sal optree en hoop om dan ook ons feeslied te sing. Ek sluit die woorde in sodat u kan oefen. Bring asseblief spesiale klere vir die aand!! Bring maar u musiekinstrument saam.  Ons wil weer beklemtoon dat Steinthal nie ‘n vyfster hotel is nie. Dis ‘n kinderhuis, netjies skoon en sindelik , maar dit bly steeds ‘n kinderhuis. Dit is egter goed dat ‘n mens terugkeer na jou “roots” om te besef wat die Here deur die jare heen deur CAB vermag het.  Sal u asseblief ‘n paar stukkies toiletware soos tandepaste , seep toiletpapier, tandeborsels ens vir die kindertjies saambring?. Dit hoef nie baie te wees nie, want as elke tak iets saambring gaan dit in elk geval ‘n magdom goed wees.Ons sal dan ‘n geleentheid vir die oorhandiging skep. Daar is seuns en dogters tussen seker so ‘n jaar oud tot 18 jaar in die kinderhuis.  Kongreslied. Wysie van I remember Calvary. Ons het probeer om die lied se wysie aan streke deur te stuur . As U dit verlang sms vir ons en en ons sal dit stuur. Woorde Nou heel my lewe aan Hom verpand, Sal ek hom loof vir sy genade Die lewe het my so verniel Dat ek nie anders om te vra. Koor Ja Here lei my dag vir dag Om hierdie euwel te verag Sodat u lief in my en ons Die van golgotha gedy, G
  2. 2. 2 O Heer u is Koning U regeer Daarom geen vrees vir satan meer Hy is verslaan en u sal leef Dit het die gees vir ons geleer Jesus verlos ons van die pyn Want dwelms het ons laat kwyn Dankie u verhoor ons smeekgebed Nous ons oorwinnaars! dankie Heer Die lied is geskryf deur Ds. Adam Kotze Indien u voel die woorde kort nog bietjie skaafwerk stel ons gerus in kennis. Dis immers ons CAB lied.  Onthou asseblief u beddegoed. ‘n Mens weet nie hoe koud dit nog is nie bring dus warm slaapklere saam  Bring asseblief u Banier saam. Ons wil dit vir die duur van die kongres in die saal laat hang. OU FOTOS: Indien u enige ou fotos van die stigtingsjare het,stuur dit asseblief na ons. ADRESSE Die pos bly ‘n yslike kopseer. Dit neem soms baie lank voordat briewe uit die Hoofkantoor takke bereik. Is dit nie moontlik dat takke ten minste een epos adres aan ons kan verskaf waarheen ons die pos kan versend nie? IN MEMORIAM: Met hartseer het ons kennis geneem van die volgende persone wat hul aardse werk voltooi en huistoe gegaan het. Br. Johannes Swart Br. John Lackay Ouma Bakkies van De Aar Ons opregte meegevoel aan die naasbestaandes. Mag die Here se troos hulle omvou. Onthou asseblief om die name van die afgestorwenes van u tak vanaf die Streekkongres tot nou vir ons saam te bring sodat ons hulle op gepaste manier kan huldig. VERSLAE: Dit bly maar ‘n kopseer. Daar is talle takke van wie ons geen verslag ontvang het nie . Ook streekbesture het in gebreke gebly om hul verslae aan te stuur. ‘n Volledige lys van die uistaande verslae sal by die kongres voorgele word STREEKKONGRESSE: Dit was werklik verblydend om die Geesdrif, Ywer en Oorgawe van kongresgangers tydens die Streekkongresse te kon beleef. Dit is die beste getuigskrif wat enige organisasie kan verlang. Ons moenie in die ywer verslap nie. Streekbesture moet asseblief onthou dat streekverteenwoordigers deel is van die streekbestuur en aan die streekbestuur verslag moet doen! NUWE TAKKE Twee nuwe takke het die afgelope maand hul deure oopgemaak om afhanklikes en hul gesinne te help. Die een tak is Misgund in die Oos Kaap en die ander een Springbok in Namakwaland. Baie Hartlik welkom mede soldate in die Here se diens, mag ons die een veldslag na die ander in Sy Naam verower!!!.
  3. 3. 3 TEMA VAN DIE MAAND: DIE CAB IN DIE PRAKTYK. 1. Hoeveel lede is nodig om suksesvol as CAB te kan funksioneer. Hierdie vraag was die afgelope jaar heel dikwels aan my gestel. Baie keer is persone onder die indruk dat as ‘n mens nie oor ‘n groot ledetal beskik nie , die tak in sy taak misluk het.In hierdie omsendbrief probeer ek aan u te verduidelik hoe die ideale CAB daar behoort uit te sien:  Die CAB is ‘n terapeutiese groep met ander woorde dit is in die lewe geroep om mense wat siek geword het as gevolg van drank en dwelmmisbruik weer gesond te maak. Die sy sukses word nie gemeet aan die getalle waaroor dit beskik nie.  Volgens ons konstitusie is minstens 5 persone nodig om ‘n CAB tak te kan vorm.  CAB funksioneer nie net op die aand van die byeenkoms nie, in die omgewing waar lede woon word die eintlike groot werk verrig.Elke keer wanneer ‘n CAB lid met iemand oor sy dwelmgebruik praat of iemand wat besig is om op te staan, bemoedig dan is ons as CAB besig om ons roeping ten opsigte van die afhanklike uit te leef.  CAB mag nooit sy sukses vereken in die vorm van sy ledetal nie.Ons mag nooit redeneer dat omdat ons baie is, daarom is ons suksesvol nie. 2. Hoekom bly lede weg van byeenkomste af:  CAB lede moet self streef om gesond te wees en eienskappe soos jaloesie, humeurigheid skinder ens. volkome uit te skakel. Een blinde kan nie ‘n ander lei nie. Maak gereeld seker of daar nie krapperigheid binne die groep is nie. Kyk na die manier waarop lede met mekaar praat, let op die liggaamstaal. Streef na ‘n volkome gesonde groep.  Kyk na die rol van die bestuur veral die voorsitter. Sy/haar voorbeeld sal uiteindelik die rolmodel wees waarna die ander lede sal streef om na te volg. As lede ongelukkig is met die voorbeeld van die bestuur, moet lede die vrymoedigheid neem om privaat met die lede van die bestuur te praat en hulle daarop wys dat hul optrede die werk van die HERE en CAB nadelig beinvloed.  Kyk weer na u program. Vra die insette van die lede, maak seker dat die program die behoeftes van die lede weerspieel. As daar aand na aand oor dinge gepraat word wat die lede nie interesseer nie, is dit ‘n resep om lede te vervreem.  Stel belang in mekaar se lief en leed. Miskien moet u afhangende van die getal lede, elke keer wanneer u bymekaar kom vir ‘n paar minute aan lede
  4. 4. 4 die geleentheid gee om bietjie te gesels oor dit wat gedurende die afgelope week in hul lewens plaasgevind het. So word ‘n hegte familieband gebou.  Lede van CAB en persone wat die byeenkomste bywoon moet die warmte en die liefde vir mekaar aanvoel en lus het om die byeenkomste by te woon juis omdat hulle daar die liefde en begrip kry wat hulle nie elders kry nie. 3. Hoe kan ons die CAB uitbou en die lede behou:  Vertel wat CAB doen en waarvoor ons staan. ‘n Pamflet in die hand is nie genoeg nie. Nooi gesinne en families om self te kom kyk en in te skakel. Onbekend maak onbemind en u sal verbaas wees oor hoe min mense werklik van CAB af weet.  Sorg dat u byeenkomste ‘n lus is om by te woon. Doen moeite met die byeenkomste.  Maak seker dat die doel waarvoor CAB in die lewe geroep is by die byeenkomste altyd voorkeur geniet. Ons kom nie bymekaar om koorsang te oefen of net biduur te hou nie. Dit het sy plek, maar ons kom bymekaar om siek mense gesond te maak en mense deur middel van nasorg te help om op die pad van soberheid vol te hou.  Praat met kerkleiers en verduidelik dat CAB die roeping van die kerk nl. Om die boodskap van liefde en vergifnis en genade uit te leef deur woord en daad probeer uitleef. Wees te alle tye ‘n vriend vir ander. Laat mense by u veilig voel, leer om aandagtig na ander te luister. Volg in alles die voorbeeld van ons Leermeester. Filipense 4:13 : Ek is tot alles instaat deur Jesus wat my krag gee. Mooiloop tot volgende keer. Sterkte met al die reelings vir die kongres. Sober CAB groete, Oom Jurie 

×