Se ha denunciado esta presentación.
Se está descargando tu SlideShare. ×

Omsendbrief aan streke Desember 2018

Anuncio
Anuncio
Anuncio
Anuncio
Anuncio
Anuncio
Anuncio
Anuncio
Anuncio
Anuncio
Anuncio
Anuncio
Próximo SlideShare
Omsendbrief 2
Omsendbrief 2
Cargando en…3
×

Eche un vistazo a continuación

1 de 1 Anuncio

Más Contenido Relacionado

Anuncio

Omsendbrief aan streke Desember 2018

  1. 1. Liewe Maats, Net so ‘n laaste omsendbriefie wat u asseblief met die takke moet deel. 1. NUWE DIREKTEUR Soos wat u alreeds weet is Ds. Claudette Williams amptelik as Direkteur aangestel. Die kontakbesonderhede bly dieselfde nl. Telefoon 023-3486369 Sel. 082 558 9321 E-pos cab@toevlug.org en cwilliams@cabcdm.co.za Faks: 0865994307 web adres – www.cabcdm.co.za 2. ADMINISTRATIEWE BEAMPTE Me. Winnie Dipper beman die kantoor soggens vanaf 8 – 12. Besprekings en bestellings kan by haar gedoen word. 3. SKOONMAAK VAN KANTOOR Kwotasies wat ons ingewin het beloop ongeveer R20 000.00 vir die arbeid verbonde aan die skoonmaak. Ons oorweeg dit om van CAB se lede te vra om die arbeid self te doen. Verf kos die volgende: 3 x 20 liter wit @ R755-00 per blik, 3 x 20 l pastel @ R1 200.00 per blik, 2x 20 l pastel @R835.00 per blik, Thinners 10 l @ R282-00, Paintersmate 4 @ R32-00 elk, Raincote 5l @ R240-00 Durammesh membraan R130.00. Indien u enige van bovermelde wil sponsor sal ons dit baie hoog op prys stel. 4. BEGROTING 2019/20 Volgens ons begroting stuur ons af op ‘n tekort van ongeveer R157 000.00. Hoofbestuur het gevra of elke streek nie daaraan sal dink om hierdie jaar (2019) elk te probeer om asseblief R10 000.00 in te samel nie. Van Hoofkantoor se kant word daar ook hard gewerk om die tekort aan te spreek. 5. GESKENKE Baie, baie dankie vir die geskenke wat ons voor en met ons aftrede ontvang het. Elke geskenk het ‘n besondere plek in ons huis en in ons hart. Ons is die Here onuitspreeklik dankbaar vir vriende en vriendinne soos u. Die grootste geskenk bly egter die liefde wat u so mildelik aan ons uitgedeel het. ‘n Besondere dankie aan die Hooofbestuur wat my uittrede onvergeetlik gemaak het. Ten slotte ‘n uiters geseënde Kersfees word u almal toegewens. Mag die God van liefde u en u gesinne gedurende die kersseisoen met die keur van sy seëninge u oorlaai. Groete, OOM JURIE 

×