SlideShare a Scribd company logo
1 of 48
2 Die Fakkel Desember 2013
3Die FakkelDesember 2013
4 Die Fakkel Desember 2013
Elke storie het mos maar ‘n Begin en ‘n einde. So werk dit
mos met alles. Ons verhoudings, ons werk, ons lewensplanne.
Maar soms bring ‘n einde ook ‘n nuwe begin. Dit reën een sei-
soen, dan kom daar weer ‘n einde aan daardie seisoen, die reën
bly weg en wanneer ‘n nuwe seisoen begin skeur die hemel oop
en bou elke wolkie sy reën. Die begin van nuwe lewe......
Nou wie is ons om te sê, dis nie reg om oor die weer te praat.
Dis glo nie elegant nie; ook nie etiket nie. Waaroor kan ons dan
klein geselsies maak? Vir my is dit sommer nonsens. Hoe kan
ons nié oor die weer praat, dit is dan so sentraal tot ons bestaan.
Dink daaraan: Dit bepaal grootliks hoe ons ons blyplek inrig,
hoe ons aantrek, wat ons eet. Afhangende van die weer laat dit
sekere aktiwiteite toe en beperk weer ander.
Vir seker speel die weer ook lekker kat en muis met ons emo-
sies. ‘n Blouhelder sonskyndag werk mos heel anders met ons
gemoed as daardie stil, lomerige winterdae. Winddae is vir
my die slegste. Ek is sommer beneuk as die horison rooi skyn
en jy moet behoorlik aan jou rokspante klou of jy waai weg.
Sommiges sê dis die natuur se skoonmaak. Hiermee stem ek
natuurlik glad nie saam nie. Ag nee skoonmaak?, die wind waai
dan alles vol stof en ongelukkig woon ons in Afrika waar ‘n plas-
tieksakkie geklasifiseer word as ‘n pragtige Lelie langs die pad.
Die wind weet ook hoe om aan ons siel te torring. Nee wat, van
wind hou ek net mooi niks!
So, is dít nie rede vir ‘n goeie gesprek nie?
Hoe sê jy vir ‘n boer wat die horison fynkam op soek na tekens
van reën vir sy droë grond wat dringend bewerk moet word en
dors en honger diere dis nie rég om oor die weer te praat soos
en wanneer hy wil nie?
Hier sit ons ook eintlik tussen seisoene. Tussen stof uit die
Weste en reën uit die Ooste of Stof uit die Ooste en reën uit die
Noorde, ag jong deesdae kom die stof mos uit enige windrigting,
julle weet mos, en die reën bly weg!
Halfpad tussen niks en nerens, moontlike dood aan die een kant
en oorlewing aan die ander. Dis ‘n waiting game, en angstige
lyftaal en die gebulk van beeste wat dors het en die “gesprek”
verklap. Wannéér kom die reën? Gaan dit ooit weer reën?....
Reën is altyd meer as ‘n geselsie werd; dis ‘n taal wat ons álmal
– mens en dier – verstaan. En as die sluise van die hemel ein-
delik kan oopgaan en die groot vet druppels val op vetterige
sanderige grond weet jy, die Vader sal voorsien. Hy voorsien
altyd!
Ek is mal oor die reuk van reën op droë grond. Die plitter platter
op my huis se sinkdak en kaalvoet loop op die nat gras. As kind
het ons in poele water gespeel en daardie jare was platannas so
vollop. As dit reën was dit ‘n fees om platannas te vang. Ai die
lekker ou dae, voel so onwerklik lank terug. ‘n ander leeftyd.....
Ag my Hemel Vader, stuur vir ons wolke wat hulle druppels kan
laat val op elke boer en elke persoon in Suid Afrika se stukkie
aarde. Stuur vir ons reën wat alles weer kan skoonwas, vir mý
is reën definitief die natuur se skoonmaak proses. Ons het dit
nou noudig...
Allebriewewordgratisgeplaas
AANDAG ALLE LESERS!
Die Fakkel stem nie noodwendig
saam met alle briewe wat geplaas
word nie. Briewe word meestal
onveranderd geplaas.
Dankie RED.
Die Fakkel Desember 2013
5Die FakkelDesember 2013
6 Die Fakkel Desember 2013
7Die FakkelDesember 2013
8 Die Fakkel Desember 2013
Hier is nog oulike wenke vir die kombuis, soos ons verlede maand belowe het:
•	 Bak brood of koek in ’n skoendoos in die mikrogolfoond. Na die tyd kan jy die      	
	 doos weggooi en jy spaar vuil skottelgoed.
•	 Maak broodkrummels met ou brood en droog dit deur 250 mℓ krummels vir vyf 	
	 minute teen 100 % krag te mikrogolf. Of sit dit in ’n oond wat nog warm is nadat 	
	 ’n gereg gaargemaak is.
•	 As jou oond onegalig bak, bedek die onderste rak met tinfoelie om die hitte 	
	 meer egalig te weerkaats.
•	 Trek ’n oondrak met tinfoelie oor en gebruik as ’n pan vir kleinkoekies. Na die 	
	 tyd kan jy die foelie weggooi en jy sukkel nie met ’n vuil pan nie.
•	 Gooi ’n teelepel suurlemoensap by die suiker en botter terwyl jy dit verroom. Dit help om die koek lig te maak.
•	 Sit ’n pan vol kookwater onder in die oond wanneer jy ’n vrugtekoek bak. Dit sal die koek vogtig hou.
•	 Poeier ’n koek eers liggies met strooisuiker voor jy dit begin versier. Of smeer die koek met ’n klein bietjie botter of mar		
	 garien sodat die vulsel nie intrek nie.
•	 As daar per ongeluk eiergeel by die eierwit beland, maak die punt van ’n lappie nat met water. Doop die punt nou in die 	
	 eierwit en die geel sal vanself aan die lappie gaan sit.
•	 Bak ’n klomp eiers gelyk in ’n kolwyntjiepan: Smeer die pan goed. Gooi ’n eier in elke holte en steek die pan in die 	 	
	 oond.  Bak teen 160˚C tot gestol.
•	 Maak jou taak makliker: Verroom botter altyd in ’n bak wat jy eers in kookwater gedoop het.
•	 Vries bederfbare oorskietkos en afval wat weggegooi moet word in plastieksakke en gooi dit in die munisipale asblik 	 	
	 net voor die vullis verwyder word. So vermy jy slegte reuke in jou asblik.
•	 Maak jou eie klappermelk deur ’n koppie droë klapper en ’n koppie warm melk te meng en ’n uur lank te laat staan.   	 	
	 Gebruik net so of dreineer.
•	 Gebruik jou pizzasnyer om allerhande dinge vinnig te sny: van fudge en pannekoek tot hoenderrepies.
•	 As jy nie ’n ringkoekpan het nie, prakseer sommer jou eie: Plaas ’n vuurvaste glas of koppie sonder oor in die middel 	 	
	 van ’n gewone pan. Smeer die koppie ook goed en hou dit vas terwyl jy die mengsel ingooi sodat dit nie rondskuif nie.
•	 Gebruik karringmelk in plaas van melk of water om gebak soos skons, pannekoek en plaatkoekies veerlig te maak.
•	 Gebruik sodawater pleks van kraanwater om pannekoekbeslag ligter te maak.
•	 Dit is belangrik om pannekoek- of plaatkoekiebeslag 10 tot 15 minute te laat rus voor jy begin bak.
•	 Hou altyd kleinkoekiedeeg so koud moontlik. As dit te warm word, word die koekies kluitjierig.
•	 Moenie die deeg te veel bewerk nie anders word dit taai.
•	 Klits twee eetlepels kakaopoeier en twee eetlepels suiker by room om sjokoladeroom te maak.
•	 Skep lepels vol geklopte room op waspapier. Sit dit in ’n lugdigte houer en vries. Die klontjies kan jy later maklik in 	 	
	 soppe en nageregte gebruik.
•	 Vries oorskietwyn of suurlemoensap in ysbakkies om later in geregte te gebruik.
•	 Gebruik gewone koekmeel as jy nie mielieblom het nie. Verdubbel net die hoeveelheid.
•	 In plaas van karringmelk kan jy ongegeurde jogurt gebruik.
•	 Vervang ’n eier in ’n gereg met twee eetlepels water, ’n eetlepel kookolie en twee teelepels bakpoeier. Meng goed.
•	 Maak jou eie bakpoeier deur 30 mℓ kremetart, 15 mℓ koeksoda en 10 mℓ mielieblom ’n paar keer saam te sif.
•	 Maak jou eie bruismeel deur 500 mℓ koekmeel, 5 mℓ koeksoda en 10 mℓ kremetart saam te sif.
•	 Meng worcestersous met appelkooskonfyt om jou eie blatjang te maak.
•	 Vervang botter of margarien deur sonneblomolie. Ongeveer 15 mℓ botter of margarien is gelyk aan 12,5 mℓ olie.
•	 Sit ’n appel of geskilde aartappel in die broodblik om die brood langer vars te hou. Of vries die brood en gebruik soos 	 	
	 benodig. Moenie brood in die yskas bêre nie, dit droog uit.
•	 Aftreksel wat te sout is, kan met ’n teelepel suiker reggedokter word. Of kook stukkies aartappel saam met die sous – 	 	
	 dit sal sout absorbeer.
•	 Vervang witwyn in ’n gereg deur wit druiwesap, appelsap of hoenderaftreksel met ’n eetlepel asyn te meng.
•	 Gebruik onverdunde, gekleurde aanmaakkoeldrank om versiersel te kleur.
•	 As deeg breek terwyl jy dit uitrol, rol dit tussen twee lae waspapier uit.
	
Volgende keer: Wenke vir die GROOT skoonmaak!
9Die FakkelDesember 2013
10 Die Fakkel Desember 2013
Hoopstad se boekklublede het ‘n
besonderse literere middag aangebied
met die skrywes van outeur Deon Meyer.
Uit die kortverhaalbundel, “Karoonag en
ander verhale”, is “Verslag van ‘n verdwyn-
ing” verwerk as draaiboek vir die onlangse
film, “Die laaste Tango”, waarvan Deon
Meyer ook die regie gedoen het.  Lize-
Marie Swart, wat die rol van Lilly in die
film vertolk, en haar mentor, Elsa Krantz,
het ‘n paar humoristiese sketse voorgedra
en uitgevoer. Hulle het tekste van out-
eurs soos Riana Scheepers en Jan Spies
gebruik. Die middag is afgesluit met ‘n
bespreking van Deon Meyer se film. Hy
het ook die draaiboek van “Jakhalsdans”
geskryf. Boekwurms wat belangstel om
saam met die boekklub te lees, is welkom
om vir Reinette Rautenbach te skakel by
0725138340
Baie dankie aan die borge wat hierdie
literere kuiertjie moontlik gemaak het.
Foto Onder: Elsabe du Plessis, Elsa Krantz, Reinette Rautenbach, Lize-Mari Swart
11Die FakkelDesember 2013
JM Earl
Kwartblad
Kleur
Op 3 November 2013 is Marianne de Necker, Hubert Roux en
Lillian Viljoen by die AP Kerk in Hoopstad voorgestel.
‘n Wonderlike geleentheid waar ouma’s, oupa’s en ander fami-
lielede teenwoordig was. Ons het die dag heerlik tee gedrink
saam met hulle en wens hulle alles wat mooi is vir die toe-
koms. Sterkte vir Matriek volgende jaar. Ons dra julle in
ons gebede.
APKerkVoorstelling
Vir amper drie
maande lank al stroom
glashelder water uit ‘n
gebarsde pyp in Akasiastraat
in Hoopstad se nuwe uit-
breiding die veld in waar dit
op gedam het. Tikwana se
beeste kom nou so gereeld
hul dors hier les dat dié nou
al ‘n voor uitgeloop het, en
die water nou in die straat af
loop waar dit ‘n nuwe “dam”
teen die grootpad wat om die
dorp loop gevorm het. Meer
as ‘n half dosyn oproepe na
mnr. L van die munisipaliteit
asook persoonlike rapporter-
ing by die munisipale kantore
het egter tot
op hede nog geen reaksie
ontlok nie. Die belasting-
betalers is mos daar om vir
die vermorsing van die water
te betaal. Duidelik is die
gesegde van; “Ek meneer,
jy meneer, wie sal die wa
smeer?” hier van toepass-
ing. Munisipale werkers
wat na die probleem kom
kyk het, het net hul skouers
opgehaal en gesê dat dit nie
hul afdeling is nie en hul niks
aan die probleem kan doen
nie.
van Speek
(Die munisipaliteit het
toe inderdaad op 14
November ‘n ‘tegnikus’
uitgestuur wat die
lekplek in ‘n oogwink
reggesien het (hulle
het die pyp afgesaag
en omgebuig). Knap
gedaan - Hierdie ouens
se hande staan vir niks
verkeerd nie - Red.)
12 Die Fakkel Desember 2013
‘n Gemeenskap wat saamwerk en saam-
staan is soos ‘n goed geoliede masjien
wat mooi loop. Hierdie is egter deesdae ‘n
baie seldsame verskynsel, die uitsonder-
ing op dié reël is egter die gemeenskap
van Wesselsbron, meer spesifiek die
manne van Sektor 12 in die dorp.
Vir die afgelope 3 jaar reeds patrolleer
die 50+ lede van hierdie sektor die dorp
met groot sukses. Gewone hardwerkende
mense wat van agtuur soggens tot vyfuur
saans (selfs vroeër en later) onderdele
verkoop, voertuie regmaak, bande hers-
tel, agter toonbanke staan en die publiek
bedien, onderwys gee, werknemers,
werkgewers en besigheidseienaars; met
ander woorde doodgewone mense soos
ek en jy, maar met een groot verskil. Hul
doen alles vrywillig en offer hul kosbare
tyd op om die dorp na-ure op hul eie
onkoste met voet- en voertuigpatrollies te
beskerm.
Als het egter nie oornag gebeur nie, soos
alle goeie dinge het dit tyd, bloed, sweet
en trane geneem en selfs nou is daar
nog groeipyne. Die onstaan van sektor
polisiëring, na die ontbinding van die kom-
mandostelsel, het aanleiding gegee tot
die onstaan van die Sektor 12 patrollies
in Wesselsbron. Die “witlig” patrollies soos
ons dit ken dek gewoonlik net die plase en
plaaspaaie om die dorpe, maar baie selde
die dorpe self en vind gewoonlik ook net
4 keer per jaar (elke kwartaal) plaas.  Die
dorpenaars het hierdie leemte opgemerk
en ‘n paar tweerigting-hand radio’s met
hul eie geld bekom. Van ‘n klein begin
het hul gegroei tot ‘n organisasie met 35
radio’s en waarvan meer as 50 lede ger-
eeld die dorp patrolleer. Noue skakeling
met die plaaslike owerhede (polisie en
verkeer) is van kardinale belang.
Die Sektor 12 ouens het soveel welslae
behaal dat Bennedette Prinsloo, die
Wesselsbron polisielid wat in beheer is
van Wesselsbron se sigbare polisiëring
vanjaar selfs ‘n sertifikaat ontvang het
vir die Beste Sektor in die streek. Berigte
oor hul suksesse verskyn ook gereeld in
Die Volksblad. As enigiemand
onraad vermoed, word die ‘witlig’
ouens heel eerste gebel om
hulp, soveel so dat ‘n bejaarde
dame hul eendag gebel het om
haar kat uit ‘n boom te kom ‘red’.
Om te bepaal of hul patrol-
lies enige impak op misdaad
in die dorp het, het hul ‘n paar
maande gelede alle patrol-
lies vir twee weke gestaak, toe
vind daar drie inbrake plaas.
Weereens ‘n bewys dat voorkoming beter
is as genesing. Tydens funksies soos
kerkraadsvergaderinge en prysuitdelings
skerp die manne hul patrollies op, want
dit is juis gedurende tye soos hierde dat
inbrake en diefstalle kan plaasvind.
Die organisasie het ook ‘n 12 punt gedrag-
skode wat eers deur alle lede onderteken
moet word voordat hul enigsins toegelaat
word om aan patrollies deel te neem.
Alle patrollievoertuie moet met ‘n witlig
en Sektor 12 voertuigmagnete toegerus
wees alvorens daar met hul gepatrol-
leer mag word. Alle lede moet ook hoë
sigbaarheids-baadjies op patrollie dra
en absoluut geen alkohol word toegelaat
nie. Dissipline is uiters belangrik en as die
kern gesond is, val die res van self in plek.
Omdat alle uitgawes uit hul eie sakke kom
is fondse maar skraps en borge van enige
aard is altyd meer as welkom. ProGas
het in die verlede die voertuigmagnete
geborg, JP Onderdele het onderneem
om glimbaadjies vir die lede te borg en
die Vryheids Front Plus het reeds die
magnete vir die voertuie geborg. Tans
bestaan daar ‘n behoefte aan spotlights,
flitse, hand- en tweerigting radio’s.
Enigiemand wat ‘n bydrae wil
maak kan vir Desmond Reed
by 082 770 6201 skakel of
e-pos by des@jponderdele.
co.za vir meer inligting.
13Die FakkelDesember 2013
14 Die Fakkel Desember 2013
Ek kry so elke nou en dan ‘n onaan-
vegbare lus vir risotto. Dit is vir my
die beste voorbeeld van kos wat jou
gemaklik, vol en warm laat voel. Dis
amper soos sjokolade pronutro! As ek
dit maak nooi ek graag mense omdat
dit nogal werk is, en omdat ek mal is
daaroor om te luister na die stilte om
die tafel en die krappery wanneer
hulle die borde leegmaak.
Ek het al die proses van risotto beskryf
in April. Hier net weer kortliks. Jy kry ‘n
lekker swaar pan of pot aan die gang
met olyfolie, uie en knoffel. Dan voeg
jy jou risotto in en braai stadig todat
jy sien die risotto raak effens deursky-
nend. Nou maak jy die bottel witwyn
oop. Skink vir jouself ‘n glasie en gooi
nog ‘n glas wyn by die risotto. Dit sal
wegkook, hou aan met roer. Nou hou
jy aan met aftreksel oorgooi en roer.
Dit sal so ongeveer 20 na 25 minute
neem. Maak seker die risotto bly
bedek met aftreksel. Gooi jou handvol
suurlemoentiemie by.
Sny jou prosciutto in fyn langwerpige
repies en plaas eenkant saam met jou
pietersielie en 2 tipes kaas. Omdat
dit gerook is hoef jy dit nie gaar te
maak nie, terloops moenie gerookte
vleis ooit gaar maak nie dan word dit
geweldig sout. Jou gaste kom nou
in en hou hulle maar besig met wyn.
Hulle moenie vir jou kwaad word as
jy voortdurend jou oog op die pot hou
nie. Risotto is ‘n high maintenance
girlfriend en sy dring aan op aandag.
As jou risoto reg is, laat die laaste
hoenderaftreksel bietjie wegkook en
roer die parmesan kaas deur sowel as
sout en peper na smaak. Skep dit uit
die pan uit in elke bord en strooi bo-op
elke hopie die pietersielie, nog tiemie,
die repies vleis en lekker dun stuk-
kies bokmelk kaas. Skink witwyn, roer
jou bestandele lekker deurmekaar en
smul. Moenie verbaas wees as jy nie
oorskiet oor het vir Sondag aand se
MNET fliek nie!
Hierdie een het ek
opgespoor in ‘n
resepte boek en dit
toe Saterdag aand probeer. Jy benodig vir 4 mense
min of meer die volgende:
*  500 gram risotto
* ‘n pot vol hoender of groente aftreksel
    so 150 - 200 gram prosciutto (of jy jan enige     
ander goeie kwaliteit gerookte ham gebruik)
* ‘n goeie handvol suurlemoen tiemie
* ‘n handvol vars parmesan kaas
    so 150 gram bokmelk kaas
* 1 ui, fyngesny
*   so 4 knoffelhuisies, fyngesny
*  ‘n handvol Italiaanse pietersielie
* Sout en swart peper
15Die FakkelDesember 2013
16 Die Fakkel Desember 2013
Hierdie Maand
In My Tuin
Hierdie Maand
In My Tuin
‘n Groot boom of ‘n klein boom, bladwisselend of
immergroen. ‘n Hele laning of net ‘n enkele een
vir daardie nodige kolletjie skadu. Die moontlikh-
ede is eindeloos. Die keuses ontelbaar en vir elke
tuin is daar ‘n unieke boom wat tuinier en tuin sal
pas, maar tussen dit alles deur is daar een feit wat
verseker bly staan… ‘n Tuin sonder ‘n boom is
soos somer sonder sonskyn.
Bome is nie net daar om die tuin soos ‘n tuin te laat
voel nie. Daar is ‘n magdom voordele daaraan om
‘n boom te plant.
Dit verminder lugbesoedeling. Bome vermeer-
der die waarde van jou eiendom. ‘n Habitat word
verskaf nie net aan voëls nie maar ‘n magdom
insek- en dierelewe.
Bome dien as windbrekers en doen baie goed in
areas wat lae instandhouding benodig. Die blare
van bome help om dat grond nie hard gekom-
pakteer word wanneer dit reën nie deur groter
reëndruppels te keer en op te breek in kleiner drup-
pels. Die wortels van ‘n boom help om die grond te
bind en erosie te voorkom en blare wat val dien as
‘n wonderlike en natuurlike deklaag. Skadu areas
wat deur ‘n boom veroorsaak word maak ‘n hele
nuwe keuse van skaduliewende plante oop vir die
tuinier en die skaduwee verminder die verdaming
van water uit grond.
Wanneer jy jou boom plant is daar ‘n paar faktore
wat in ag geneem moet word. Die belangrikse
hiervan is die keuse van en grootte van jou boom.
Faktore wat hierby gaan insluit is waarvoor die
boom of bome gebruik gaan word. ‘n Laning, wind-
skerm of fokus punt in die tuin.
Wanneer die area vir die boom gekies word hou
in gedagte dat die boom groot gaan word en dus
nie in die toekoms enige verkeer of verkeerstekens
gaan blokkeer nie. Moet ook nie ‘n area kies wat
onder krag of telefoondrade is nie.
Hou ook die volgende vyf punte in gedagte om
die verseker dat jou boom ‘n sterk wortelstelsel
ontwikkel.
Die gat moet ten minste twee of drie keer groter
wees as die sak waarin jou boom is. Dit verseker
dat genoegsame spasie beskikbaar is vir toekom-
stige wortelgroei en vorming.
Gebruik genoegsame kompos om goeie dreiner-
ing te verseker en onthou om altyd superfosfaat
of beenmeel ook by te voeg wanneer nuwe bome
geplant word. Hierdie produkte help met wortel
vestiging en groei.
Maak die boom eerder minder gereeld dieper nat
as wat jy dit gereeld bietjie water te gee. Deur diep
nat te maak spoor jy die wortels aan om dieper te
groei.
Gebruik ‘n deklaag om te voorkom dat water uit die
grond verdamp.
Indien dit nodig is om die boom te stut moet dit in
so mate gedoen word dat veilige beweging steeds
moontlik is om te voorkom dat die boom beskadig
word. Sodra die boom sterk genoeg is om homself
te ondersteun moet die stut verwyder word.
Maak jou somer vol sonskyn en jou tuin ‘n tuin.
Plant ‘n boom wat vir jou skaduwee gaan gee om
die sonskyn van die somer te geniet.
17Die FakkelDesember 2013
18 Die Fakkel Desember 2013
19Die FakkelDesember 2013
20 Die Fakkel Desember 2013
Ek wil graag vir ons bekende eerwaarde
Desmond Tutu sê, wat voorstel dat ons
blankes (wittes) welvaartsbelasting moet
betaal, en ook wil ek vir jeugleier Julius
Malema sê, wat beweer dat daar ‘n blanke
(wit) besigheidsmonopolie in onse land
is, dat hulle dit heeltemal agterstevoor en
onderstebo het, want:
Ons GEE, ons sorg, ons voorsien, ons deel
uit, ons kook sop, ons bak brood, ons maak
ons klerekaste leeg, ons “tip” vir die stoot
van ‘n trollie by die winkel met twee items
in, ons “tip” vir ons kar se oppas, ons “tip”
vir ons kar se was, ons “tip” die bedelaars
by die robotte – wat hul eie landgenote nie
eers doen nie. Ons betaal vir uitgebreide
familielede se begrafnisse tot in die derde
geslag, ons betaal skoolgeld en boekegeld
vir kinders, neefs, niggies. Ons laat ons
huishoudsters leer, ons brei truie, musse,
handskoene, ons koop komberse, ons gee
klasse in papiere optel, kook, brei, hekel,
kleremaak, spit, boer, plant, koeie melk.
Ons GEE. Ons koop oorpakke, koop ver-
jaarsdagkoeke, koop pille, betaal die taxi,
gee ons kosbare padkos langs die pad weg
en sweeties deur kar- en treinvensters.
Ons GEE. Ons skep werk, ons kry jam-
mer, ons bid, ons tel babas in asblikke op
en maak hulle groot, ons gee kerspartytjies
in kleuterskole in plakkerskampe, ons laat
opereer, ons gee ons harte, lewers, niere,
longe, poepol en tonge. Ons GEE. Ons is
nie rassisties nie, ons is nie wraakgierig
nie, ons bly steeds hier in ons land, ons
maak skoon, ry aan, laai af, tel op. Ons
troos, verduidelik, ons bly kalm, staan in
lang rye en glimlag, en laat die een met die
krukke eerste gaan. Ons GEE…….. Het ek
al gesê, ons GEE. So, ek dink, iewers tus-
sen êrens en nêrens het julle die kat aan
die stert beet, en het julle alles agterste-
voor en onderstebo.
Om by ‘n koffiewinkel of restaurant te sit en verbygaande
mense te bekyk is een van my gunsteling tyd verdrywe.
Hierdie land van ons het wraggies van dié interessant-
ste kreature op aarde. Een Saterdagoggend het ek my tuis
gemaak by ‘n koffiewinkel op die stoep en ek bestel ‘n “white hot
chocolate”  (ja ja en al was dit somer het ek ‘n behoefte aan iets
ryk, romerigs en soet gehad.) Ek is mos nie op ‘n dieët nie, ek
glo die lewe is heeltemaal te kort en soms te morbied om nie elke
moontlike lekkerte te benut nie.
So sit ek en bekyk die mense, lewer kritiek en gee kompli-
mente so in my gedagtes, toe ek bewus word van ‘n seuntjie
van seker so 5 of 6 jaar wat so skuins oorkant my sit.  Sy ma en
nog ‘n vrou sit saam met hom aan die tafel en hulle gesels land
en sand. Die arme kind sit maar hoogs verveeld en tande tel.
Hy sit my omtrent en aanstaar so by so dat ek later begin
wonder of ek ‘n gogga in my hare of dalk spinasie in my
tande het. Ek glimlag vir hom en hy glimlag lui vir my terug.
Ek kyk toe maar weer hoe die mensverkeer verby
beweeg en gaan voort  om “Judge Judy” in my
kop te speel.
Nou kyk, mens kan mos aanvoel as
iemand heeltyd vir jou kyk en ek loer
weer so na die seuntjie toe en sien dat die
kind homself nou gedraai het in sy stoel en
sy bene op die sitplek gekruis het en so
sit hy nou my absoluut oop en bloot
en aangaap. Ek kry so effens
ongemaklike gevoel, maar glimlag
braaf weer vir die mannetjie en hy
glimlag terug. Ek kyk toe weer
weg na die verbygangers. Sy
ma het opgelet dat hy besig is
om blatant na my te staar en ek hoor
hoe sy hom aanspreek. “Boetie,
mens staar nie so na mense nie.”
Hy draai so ewe vererg om en se
vir sy ma, “maar die tannie het
eerste begin, ek dink sy wil my milkshake hê want hare lyk vir
my maar bleek. Nou kyk ek haar maar aan soos Spottie vir my
aankyk as hy my kos wil hê, miskien sal sy ophou. Sy ma proes
en ek stik aan my lou koue “white hot chocolate” en ewe gedwee
sal die klein man ‘n vinger na my wys en sê “daar het sy dit nou,
daar verstik sy nes Spottie as hy sy kos te gulsig sluk.”
Sy ma het so ‘n verskonende uitdrukking gekry terwyl sy haar
hand voor haar mond hou om haar lag te smoor terwyl die
outjie net verontwaardig van my na sy ma kyk. Ek bars uit van
die lag met die besef dat hierdie kind nou vir my so heeltemaal
uitgeboul het dat ek wragtig geen skerp “comeback” daarvoor
het nie.
Toe ons die gelag onder beheer het vra sy my omverskoning
vir haar seuntjie se uitlating en bied aan om my “milkshake”
te betaal. Ek het net weer gelag en gesê haar seun het my
dag absoluut gemaak en ek sal met graagte eerder sy milk-
shake betaal.  Sy’t die kleinman aan die hand gevat en hulle
het begin aanstap kar toe. Toe ek weer sien ruk hy
los van sy ma en storm na my toe en vra of ek vol-
gende Saterdag weer hier gaan wees om vir hom ‘n
milkshake te koop. Nou ja hoe sê jy nou
vir sulke kinder onskuld nee, ek’t ‘n
afspraak met hom en sy ma gemaak
vir die volgende Saterdag en nou 2
jaar later is dit nog steeds ons ritueel
om Saterdae vir die meneer ‘n milkshake
te koop.
21Die FakkelDesember 2013
22 Die Fakkel Desember 2013
23Die FakkelDesember 2013
24 Die Fakkel Desember 2013
JP stap op en af in die sitkamer.  Hy verwerk nog die skok nuus
wat hy vanoggend oor Marlette gekry het. Hoe kan dit waar
wees, hoe de dinges gebeur so iets? En sommer so uit die
bloute. Hoe gaan hulle die ding hanteer, hoe gaan hulle almal
in die oë kyk en die nuus oordra? Nee! Hoe kan so iets met
hulle gebeur?
Hy stap kordaat af na die kamer toe waar Marlette op die bed
lê en saggies huil. Hy staan in die deur en kyk na die verwese
figuur wat volgens dokter  Petzer, net ‘n week oor het om te
leef. Die kanker het haar liggaam vernietig, daar is waarlik niks
wat hulle vir haar kan doen nie. Genade, dit klink soos iets uit
die riller/drama seksie van die video winkel.  “JP, dit was dokter
Petzer, die toets uitslae het bevestig….ek het nog net ‘n week
oor om te leef, hy sê hy is verskriklik jammer om sulke nuus te
gee maar ek moet kalm bly en dalk maar my sake in orde kry.
Hy sê die kans dat ek langer as ‘n week sal oorleef is feitlik nul.”
Hy het net bleek na haar gestaar toe sy op die grond in ‘n
hopie gaan sit en haar skouers onbeheerbaar begin ruk het.
Hy was versteen van skok.  Hoe sê jy vir die vrou wat jy 7 jaar
lank mee getroud is en liewer as jouself het, dat dinge ‘okay’
gaan wees. Hoe troos jy iemand, wat jy pas gehoor het, jy oor
‘n week verewig gaan verloor terwyl jyself binne verpletter is.
Hoe wees ‘n mens sterk vir haar terwyl jy alles en enige iets sal
gee om met haar plekke te ruil.
Marlette sien my staan in die deur en sê ek moet by haar kom
sit. Sy vat ‘n pen en ‘n skryfboekie en begin skryf. Ek wil so
graag iets sê maar die tennisbal in my keel verhoed dat ek
geen geluid kan maak nie.
Ek het my vrou daardie selfde middag terug hospitaal toe gevat
want sy het net skielik in mekaar gesak. Ek het haar hand
vasgehou en haar gesmeek om asseblief maar solank as wat
sy kan uit te hou.  Daar’s nog so baie wat ek vir haar wil sê en
wys en gee. Met ‘n swak liggaam en uitputting duidelik sigbaar
belowe sy my, sy sal uithou.
In die dae wat gevolg het het haar familie en vriende kom groet
en sy het moedig vir almal geglimlag en gesê dit sal ‘okay’
wees. Ses dae nadat ons die tyding gekry het en Marlette die
dokter gevra of sy haar laaste dae by ons huis kon deurbring.
Sy wou nog die lelies vir oulaas sien blom. Hy het toestemming
gegee en gesê hy sal gereeld kom inloer.
Vier dae later het sy gevra dat ek haar na die lelies toe vat. Ek
het vir haar ‘n hele paar gepluk. Sy het so mooi geglimlag en
terwyl sy in my arms op die kombers lê het sy vir my gefluister,
“JP, dankie vir al ons mooi jare saam en dankie vir al jou ure
se swoeg om vir my ‘n tuin vol lelies te gee, ek weet jy haat
tuinwerk. En dankie my lief dat jy lief genoeg is vir my om my
by te staan in hierdie tyd. Dankie dat jy my nie verlaat het nie.”
Ek het weer ‘n tennisbal in my keel gehad maar ek kon haar vas
in die oë kyk en haar vir oulaas soen.
Dokter Petzer het ons daar in die tuin gekry daardie middag,
waar ek en Marlette op die kombers in die koelte van die
Seringboom gelê het. Sy was in my arms en die lelies was
nog in haar hand. Sy het net gelyk of sy slaap, sag en rustig.
Ek weet nie hoe lank ons drie so in die tuin gebly het voor hulle
haar kom weg vat het nie. Ek het die lelies, wat ek vroeër vir
haar gepluk het, opgetel en weer in haar hande gesit en sy het
op daardie oomblik weer soos my bruid, 7 jaar gelede, gelyk.  
Ek het gehuil toe hulle haar wegvat maar ek het vrede in my
gehad. My Marlette was self ‘n lelie en nou gaan sy huis toe,
na waar die lelies altyd blom.
25Die FakkelDesember 2013
26 Die Fakkel Desember 2013
27Die FakkelDesember 2013
28 Die Fakkel Desember 2013
Snuffelgids
AANDAG AANDAG AANDAG
MAMMAS (Hoopstad)
Opblaas water-wurm te huur.
+- 12m lank. Ideaal vir partytjies en
vakansies.
Skakel Riaan Voster 082 888 6481
29Die FakkelDesember 2013
We specialise in dress fabrics hebbe-
deshery curtaining, upholstery,
headboard, cushions alteration and
much much more...
Fabric & More
We specialise in dress fabrics hebbe-
deshery curtaining, upholstery,
headboard, cushions alteration and
much much more...
No. 6, Bullion Street
(Opposite Shell Garage)
Virginia, 9430
Tel / Fax : 057 212 5201
Fabric & More
30 Die Fakkel Desember 2013
Deere het bekendheid verwerf toe hy
‘n ysterplaat ploeg gebou het wat nie
in sommige van die kleigrond in die
VSA aangepak het nie. Vroeg na 1910
eksperimenteer Deere met Russies en
Deense vervaardigde trekkers maar sit
niks op die mark nie. Deere waag ook sy
hand aan vliegtuie en fietse. John Deere
betree eers suksesvol die trekkermark
toe hy die Waterloo Company in 1918
uitkoop en die Waterloo Merk 3 vanaf
1918 tot 1923 bemark. In 1924 word die
wêreldberoemde John Deere D gebou uit
die basiese Waterloo Boy. Kom ek laat
die aap uit die mou. Die woord trekker
(tracktor) word in 1901 vir die eerste keer
in die VSA gebruik en in Engeland eers
in 1906.
Na Henry Ford se “Auto Plow” gebeur
dinge vinnig. Ford se mede-direkteure
stel nie belang in die vervaardiging van
trekkers nie, hulle reken hulle karre doen
goed genoeg. Dit noodsaak Ford om ‘n
nuwe maatskappy te stig in vennootskap
met sy seun. Die nuwe maatskappy
trekker word “Fordson” genoem, Ford
& Seun! Henry Ford kry ‘n verassings-
besoek van ‘n Engelse afvaardiging.
Die Engelse wil hê Ford moet op ‘n
groot skaal vir hulle trekkers lewer.
Hulle land verkeer in ‘n staat van
oorlog met Duitsland. Hulle hawens
word deur Duitse magte geblokkeer
en Engelse burgers word opgeroep
vir oorlog, so kan kos produksie ‘n
probleem word en met slegs diere
krag ‘n nog groter probleem. Ford
moet asseblief dringend help!
Ford antwoord hulle dat sy trekker
nog in ‘n eksperimentele stadium is.
Die Engelse sê egter wat goed is vir
hom, is goed genoeg vir hulle.
So gebeur dit dus dat Ford met ‘n
spoed wegspring in die Fordson
Trekker vervaardiging. Nou gebeur
hier twee eerstes in die trekker
geskiedenis. Fordson is die eerste
trekkers om van ‘n monteerlyn af
te kom en Henry Ford se trekker is die
eerste wat uit ‘n eenheidskonstruksie
bestaan; m.a.w. die enjin, ratkas en
ewenaar bout aan mekaar vas, dus geen
onderstel nie. Baie mense sê egter dat
Ford ‘n bietjie afgekyk het by Massey
Harris.
Duisende Fordsons word aan Engeland
gelewer. Henry se trekker word die
Fordson F genoem. Die Fordson F verw-
erf ‘n swak reputasie. “Hoekom?”, vra jy.
Tussen 1917 en 1923 sterf 150 drywers
van Fordson F’s wat agteroor slaan. Die
rede; die Fordson ploeg dieper as wat
die diere getrekte werktuie kon doen.
So word boomwortels, klippe
en ander vreemde voorw-
erpe getref wat die trekker
laat agteroor slaan en in
baie gevalle sy drywer dood.
Die Engelse skryf op hulle
Fordson F’s se brandstof
tenks; “Prepare to meet your
God”.
Henry Ford moes ‘n plan
maak vir hierdie ernstige prob-
leem, ons weet die Fordson
F’s van 1917 tot 1923 het nie
modderskerms gehad nie.
Ford ontwerp nou ‘n mod-
derskerm met ‘n gereedskap
kassie in elkeen en dit word
op die 1924 modelle gemon-
teer. Hierdeur gebeur dit dat
wanneer die trekker oplig, dit
op die modderskerms druk en
dus verhoed dat die trekker
agteroor slaan. ‘n Eenvoudige
plan vir ‘n ernstige probleem.
Skakel my gerus indien u meer
inligting verlang of oor ander
interressanthede
082 804 3615
31Die FakkelDesember 2013
32 Die Fakkel Desember 2013
33Die FakkelDesember 2013
34 Die Fakkel Desember 2013
Mollerstraat 19
Hoopstad
9479
TEL : 082 575 7243
FAKS : 086 634 5795
wvd@lantic.net
Elke mens het die reg om homself, sy afhanklikes en sy eiendom teen misdaad en beskadiging te beskerm. Die ver-
weer moet binne perke wees en daar mag nooit uit wraak op iemand geskiet word nie. Twee kundiges lig die groot
vraag toe : “wanneer mag ek skiet?”. Die wettige besit van ‘n vuurwapen is een aspek van wapenhantering - om dit
regmatig te gebruik is ‘n ander, maar belangrike faset.
Iemand wat ‘n wapen wettig besit, kan nie bekostig om dit te dra met die oog op moontlike gebruik sonder ‘n werkbare
kennis van die regsaspekte daaraan verbonde nie. Wetgewing en regsaspekte kan egter deur die Wetgewer gewysig
word. Daarom is die onus op die leser hiervan om hom of haarself te vergewis van die heersende regsaspekte van
vuurwapenhantering.
Die Suid-Afrikaanse regstelsel is gegrond op die beginsel dat lewe onaantasbaar is. Die stelsel bepaal ook dat die
individu die onaantasbare lewe van ‘n ander individu slegs onder bepaalde omstandighede mag neem.
Van Oostem, F.F.W. (Algemene Beginsels van die Strafreg) en Snyman, C.R. (Strafreg) meld dat ‘n aanval aan
bepaalde regsvereistes moet voldoen voordat dit as ‘n aanval beskou kan word, maar verdediging mag nie die perke
van die regsvereistes oorskry nie.
Van die belangrikste vereistes waaraan ‘n aanval moet voldoen, is dat die aanvaller ‘n wapen moet gebruik wat
weerklik iemand anders se lewe in gevaar stel.
Die verdediger mag homself binne perke teen die aanvaller beskerm, maar mag nooit en onder geen omstandighede
uit wraak op iemand skiet nie.
Vereistes waaraan ‘n aanval moet voldoen is:
* Dit moet uit ‘n positiewe of negatiewe handeling bestaan.
* Dit moet wederregtelik wees.
* Dit moet teen regspoed wees (lewe of eiendom).
* Dit moet reeds begin het of dreigend wees.
* Dit hoef nie noodwendig teen die verdediger self gerig te wees nie.
Vereistes waaraan ‘n aanval moet voldoen is:
* Dit moet teen die aanvaller gerig wees.
* Dit moet noodsaaklik wees om regspoed wat aangeval word, te beskerm.
* Dit moet nie meer skadelik wees as wat nodig is om die aanval af te weer nie.
* Dit moet doelbewus geskied.
‘n Ernstige beroep word op u as gebruiker gedoen om die volgende in ag te neem met die gebruik van die Marnet-radio:
* Voordat u die radio gebruik, maak seker dat daar nie iemand praat nie.
* Maak seker dat u op die regte kanaal praat.
     *  Sê altyd eerste wie u is, en na wie u opsoek is (daar is bv. meer as een Jan).
     *  Skakel dan oor na die gebruikers kanale 3 - 8.
* Die persoon wat roep gee die kanaal waarheen daar oorgeskakel moet word.
     *  Indien u met ‘n voertuig ry, maak seker dat u nie op die mikrofoon sit nie, dit veroorsaak dat ander nie die
radio 	 kan gebruik nie.
     *  Radio - Stilte is vanaf 20:00 tot 05:30, behalwe in geval van nood.
     *  Kanaal 2     Nasionale roepkanaal
     *  Kanaal 3     Algemene praatkanaal
     *  Kanaal 4     Algemene praatkanaal
     *  Kanaal 2     Brandweer (nie meer in gebruik in Hoopstad)
     *  Kanaal 2     Ambulans (nie meer in gebruik in Hoopstad)
     *  Kanaal 2     SAPD (nie meer in gebruik in Hoopstad)
35Die FakkelDesember 2013
Diabetes is ook genoem suikersiekte wat verwarring veroor-
saak omdat die mite bestaan dat mense van diabetes het
“allergies” vir suiker is en glad nie suiker mag inneem nie.
(Dan word aangeneem dat ander koolhidrate wel aanvaar-
baar is.) Die term het egter ontstaan omdat die urine van ‘n
diabeet so soet is soos suiker en dat in die ou dae die urine
geproe is om te bepaal of ‘n persoon ‘n diabeet is. Dit word
ook suikersiekte genoem omdat daar te veel suiker (glukose)
in die bloed is. 89 jaar gelede in 1922 is die eerste pasiënt met
insulien behandel. Voor dit het alle diabete ‘n vinnige dood in
die gesig gestaar. Dit is egter jammer, tot vandag toe is daar
nie genesing vir diabetes nie net behandeling.
Diabetes kan ingedeel word in twee
b r e ë kategorieë. Tipe 1 voorheen
bekend as insulien
afhanklike diabetes
en Tipe 2 diabetes
voorheen bekend as
nie-insulien afhank-
like diabetes of
volwasse insulien
(Adult onset dia-
betes). 5-10% van
alle diabete is Tipe
1 en die res is Tipe 2,
daar is ook ander tipes
diabetes onderandere
swangerskap (Gestational
Diabetes) , LADA (Latente outoimuun diabetes
in volwassenes), Mody (Maturity onset diabetes of the young
– volwasse aanvangsdiabetes), Diabetes Insipidus (wat nie
werklik diabetes is nie, maar ‘n onvermoë van die liggaam om
vloeistof te hanteer).
Dit is belangrik om te verstaan dat Tipe 1 en 2 verskillende tipe
diabetes is met dieselfde simptome, naamlik hoë bloedsuiker,
maar dit verskil wel in oorsaak en behandeling.
By Tipe 1 diabetes is die betaselle op die pankreas vernietig
en kan insulien, met ander woorde nie vrygestel word nie. Die
enigste behandeling is om insulien deur middel van inspuitings
te ontvang.
Tipe 1 diabetes ontstaan gewoontlik voor die ouderdom van
35 jaar, terwyl Tipe 2 diabetes na die ouderdom van 35 jaar
ontwikkel. Dit is egter ontstellend dat al meer kinders ook met
Tipe 2 diabetes gediagnoseer word tydens puberteit.
Die Tipe 2 diabeet kan probleme by enige van 3 organe begin
naamlik: die lewer, die liggaamselle of die pankreas. Die lewer
kan oormaat van glukose produseer en insulien is nie genoeg
om oormaat glukose te dek nie. Die liggaam kan weerstandig
wees vir insulien, met ander woorde daar is insulien beskik-
baar maar om een of ander rede maak of “sluit” die reseptors
van die selle nie oop om glukose uit die bloed te ontvang nie.
Derdens begin die pankreas om een of ander rede minder
insulien vervaardig en glukose kan ook nie deur selle opge-
neem word nie. Afhangende van waar die probleem is word die
Tipe 2 diabeet daarvolgens medikasie gegee en gewoonlik in
die vorm van pille. Tipe 2 diabete kan egter later ook insulien
begin gebruik (ongeveer 5-10 jaar na diagnose). Die Tipe 2 dia-
beet se toestand kan in baie gevalle onder beheer gebring word
deur ‘n veranderende leefstyl van dieet, oefening en medikasie
(80% van alle Tipe 2 diabete is oorgewig).
Albei tipes diabetes het ‘n genetiese faktor. Daar is heelwat
gene geïdentifiseer wat te doen het met diabetes. Om dia-
betes te ontwikkel is ongeveer 5 gene teenwoordig, maar by
Tipe 2 diabetes speel die omgewing egter ‘n groter rol. Indien
albei ouers egter Tipe 2 diabetes het, is die kans 100% dat die
kinders ook diabetes kan ontwikkel.
By Tipe 1 diabetes is daar ‘n oorerwingsfaktor van beide ouers
af. Indien albei ouers Tipe 1 diabete is is daar minder as 20%
kans dat hulle kinders dit wel kan ontwikkel. Iindien een  van
‘n identiese tweeling diabetes ontwikkel sal daar ‘n 40 – 50%
kans wees dat die ander tweeling dit ook kan ontwikkel. ‘n
Omgewingsneller speel ‘n rol by die aanvang van Tipe 1 dia-
betes, maar daar kan nog nie met sekerheid gesê word wat die
oorsaak is nie. Sommige navorsers meen dat die koxsakkie
virus dit kan vooraf- gaan, ander navorsing
toon dat ‘n bees- m e l k a l l e r g i e
daartoe kan aan- leiding gee.
36 Die Fakkel Desember 2013
Hoopstad Buiteklub kon op Saterdag, 9 November sommer
groot partytjie hou danksy die ruimhartige bydraes van ELKO
Implemente, MBM Meganisasie (Claas Trekkers) en Human
Auto wat die klub en al die geaffilieerde sporte (muurbal, gholf,
tennis en rolbal) wat
hier aangebied word,
vir die dag geborg het.
Alhoewel dit ook as ‘n
jaar afsluitingsfunksie
gedien het is die klub
se vyftigjarige plus
bestaan ook sommer
ordentlik met ‘n lekker
spitbraai gevier. Mev.
Jeanette Reitz het selfs
al die pad van Pretoria
af gereis om die geleen-
theid by te woon. Sy en
mev. René Coetzer was
van die oudste lede teenwoordig. Nico Coetzer het met groot
humor en soms ‘n traan in die oog die buiteklub se kleurryke
geskiedenis met almal gedeel. Lemay Visser het namens die
muurbal-afdeling die toekenning vir Deurbraakspeler van die
jaar aan Willem Strydom oorhandig. Hermias Strauss het
die rolbal se prysuitdeling hanteer. Hier is die Oranje-span
as wenners vir die dag aangewys. Carlos Nogueira is as die
mees toegewyde manlike speler van die jaar aangewys terwyl
Narette de Beer as die mees toegewyde dame vereer is. Kwêk
Dietrichsen, die klub kaptein wat vanjaar vir Sentraal Vrystaat
gespeel het, het die
gholfers se pryse uit-
gedeel en is ook met
die beker vir sport
ambassadeur vereer
t.o.v. sy positiewe
houding teenoor die
klub en ander sport-
soorte. Ben van der
Walt jr. is as die
speler wat die beste
vordering getoon
het aangewys terwyl
Gustav le Grange as
die golfer van die jaar aangewys is. Die prokureurs paar, Fanie
van Vuuren en Gustav le Grange, het met 64 punte derde vir
die dag geëindig terwyl Anton Kapp en Gareth Schenk tweede
met 68 punte was. Die eerste plek met ‘n allemintige telling van
73 punte het aan Alie Wolfaardt en Minnaar Jacobs behoort.
Attie de Necker was verantwoordelik vir die tennis-afdeling se
prysuitdeling en hier is Clara de Jonge as die dame speler van
2013 en Rudi van Vuuren as die manlike speler aangewys
is. Hierdie twee mense dien as voorbeelde van goeie sport-
mangees, baie dankie en baie geluk. Vir die dag se spel het
Lemay Visser in die derde geëindig terwyl Janus van Deventer
tweede en Norma Booysen eerste gekom het.
Hierna het Hoopstad se eie “rockers”, die Stofstorm Orkes
(Lood Bouwer, Wilhelm Louw, Ben van der Walt sr. en Ben jr.)
die  byna 200 gaste by die geleentheid met ongelooflike mus-
iek vermaak. Baie dankie
aan Koos, Elsie en Danie
Malan en Chris Botha vir
hul bydrae tot hierdie dag.
Koos se pa Danie was ook
een van die stigterslede
van die Buiteklub.
37Die FakkelDesember 2013
38 Die Fakkel Desember 2013
Geduld, geloof, deurset-
tingsvermoë, dissipline ,
herhaling en hardewerk is
sinoniem met Hoopstad
gimnastiekklub.
In 2013, het Hoopstad
klub in die Maart vakansie
‘n tuimelkursus saam met
Michael van Tumble Mania
in Pretoria aangebied. Dit
was ‘n reuse sukses, vol
pret. Julie vakansie het ons
voorberei vir die jaar se
harde werk wat voorgelê
het.
Ons het vanjaar in vyf kompetisies
meegeding waar uitstaande presta-
sies behaal is. Die Helena Botha
Kampioenskap in Bloemfontein op 8
Junie 2013 was ons eerste van die
jaar en ook vir baie ander 6 jaariges
hulle heel eerste kompetisie. Ons het
Klerksdorp tweede aangedurf, waar puik
prestasies opgelewer is. 19 Algehele
plekke is behaal van die 43 Hoopstad
gimnaste wat deelgeneem het.
Ons derde kompetisie was die NOVS
Vriendskaplike Kampioenskap te
Riebeeckstad. In moeilike omstandigh-
ede het Hoopstad klub steeds
uitgeblink met 23 algehele plekke uit die
46 Hoopstad inskrywings.
I n d i e N O V S K w a l i f i s e r e n d e
Kampioenskap op 10 Augustus, vir
vlakke 1-3, was Hoopstad uitstaande.
Met 25 gimnaste wat top drie posi-
sies behaal het, waarvan 11 algehele
eerste plekke was, het die klub sy
stempel behoorlik afgedruk. Op die
kampioenskap vir vlak 1-3  is 41 gim-
naste uit 45 gimnaste vanuit Hoopstad
klub verkies om aan die Sentrale Sone
Kampioenskap te Britz mee te ding.  
Ook in die NOVS Kwalifiserende
Kampioenskap, vir vlakke 4-7, op 24
Augustus het Hoopstad uitgeblink.
Hoewel Hoopstad klub net twee deel-
nemers gehad het, het ons algehele
eersteplekke behaal onderskeidelik in
vlakke 4 en 7. Hoopstad het ook die
trofee gewen vir die hoogste gemiddeld
tydends die Kompetisie. Albei gimnaste
is gekies om op SA Spele te Matsport in
Pretoria deel te neem op 23, 24, en 25
September 2013.
By die Sentrale Sone Kampioenskap het
Hoopstad 3 platinum medaljes, 13 goue
medaljes,  15 Silver en 5 Brons medaljes
verower. In vergelyking met laasjaar se
6 goue medaljes, 18 silvermedaljes en
13 brons het ons uitstaande presteer.
Baie geluk aan al die deelnemers. By
die SA Spele het Hoopstad nie plekke
behaal nie maar ons het ons goed van
ons taak gekwyt.
Ons nuwe seisoen begin in
die 4de kwartaal, waar ons
weer hard sal werk om elke
kind se doelwit te bereik.
Dankie aan die Suid-
Boerevereniging dat ons
julle saal mag huur. Dit is
duidelik dat ons die vrugte
pluk, van die ruim saal
waar ons in kan oefen.
Dankie aan elke afri-
gters byname; Ilze Botha,
Jaco Swanepoel, Corne
Swanepoel, Sunette Brink en tannie
Louise de Wet. Sonder julle sou ons nie
so hoog kon vlieg nie.
Met ‘n borg soos CJ Barnard en Seuns
kan ‘n klub nie anders as om uit te staan
nie. Hulle het vir ons vanjaar 4 landings-
matte ter waarde van R8000 elk, ‘n bord
in ons saal, voorsienning van medaljes
vir ‘n kompetisie ter waarde van R15
000, Seuns trofees vir vlakke 1-3 ter
waarde van R1500, en deelname trofees
ter waarde van R1500 geborg.  Hulle
beoog ook om vir ons volgende jaar ‘n
nuwe seunsbrug aan te koop. Niets baie
dankie. Dit word opreg waardeer.
Met so besige jaar en soveel welslae
kan ons net ons ABBA Vader al die eer
gee vir soveel seën. Dankie vir elke dag
se beskerming en teenwoordigheid by
ons klub.
39Die FakkelDesember 2013
40 Die Fakkel Desember 2013
Tydens die NOVS Kampioenskap ontvang Tiaan Botha
en Daniëlle Swart elk ‘n trofee vir Hoogste gemiddelde vir
vlak 1-3 Seuns en Dogters, onderskeidelik.
Sonika Swart ontvang ‘n trofee vir Hoogste gemiddeld
tydens NOVS kampioenskap vir vlak 4-6 asook Beste
prestasie tydens SA’s Kampioenskap vir vlak 4-6.  Anneke
Snyman ontvang ‘n trofee vir Beste prestasie tydens die
Sentrale Sone  vir vlak 1-3.
Hoërskool Bultfontein het op 25 Oktober Stap vir Bybels by die
skool gehad. Mnr. Marius Vorster het dit gereël.
Foto onder v.l.n.r: Stefan Basson, Marchelle van Zyl, Ané
Bezuidenhout en Guilliam Viljoen
Die twee leerders van Hoërskool Bultfontein het in Port Elizabeth aan die
Interprovinsiale Atletiek byeenkoms deelgeneem.
Marné Smith het 1ste
plek in Biathle en Corniel Smith het `n 1ste
plek in Biathlon
en Tweekamp behaal.
41Die FakkelDesember 2013
Agter: Nicky Lienberg (Gr.4, 1ste
); Kaylin Oberholzer (Gr.4,
2de
); Tian Botha (Gr.5, 1ste
); Franco Nel (Gr.5, 2de
); Janika
van Wyk (Gr.6, 1ste
); Marlie Niewenhuis (Gr.6, 2de
); Lohan
Jordaan (Gr.7, 1ste
); Siposishle Dlamini (Gr.7, 3de
)
Voor: Marianka Rossouw (Gr.4, 3de
); Hanru Marais (Gr.5,
3de
)’ Jomar Kotzé (Gr.6, 3de
); G.J. Oberholzer (Gr.7, 2de
)
Ons is baie trots op
dié Ebies met hul
mooi musiek uit-
slae vir die Unisa
Musiekeksamen.
Kaylin Oberholzer
slaag Unisa Graad
1 met lof, Chané
Viljoen slaag Unisa
Graad 2 met eer-
volle vermelding.
Inneke Otto slaag
Unisa Graad 1
met eervolle ver-
melding, en Nicky
Liebenberg Unisa
Graad 1 met Lof.
Elandri Du Plessis het
haarself weereens as uit-
ers bekwame skut bewys
en haar groen baadjie
(Springbok) verower.
Het hierdie jaar weer
plek in Vrystaat Span
gekry om op Nasionaal te
gaan deelneem. Sy het
vir Kleingeweer (.22) &
Grootgeweer (.222) weer
gekwalifiseer.
Sy is Kleingeweer &
Grootgeweer Kampioen
in die Vrystaat vir Penkop
dogters as ook met hand-
wapen. Sy is algehele
Kampioen in Vrystaat vir
Kleingeweer.
Op Nasionale Vlak:
Is sy Kleingeweer sowel as
Grootgeweer Kampioen en
verower dus haar tweede
groen baadjie. Sy was ook
die enigste skut wat met
Kleingeweer ‘n voltal kon
behaal.
Foto regs bo:
Agter: Kaylin Oberholzer, Chané Viljoen, Inneke Otto
Voor: Nicky Liebenberg
Baie geluk aan die volgende leerders
van Hoërskool Hoopstad wat tydens die
Prince/Kloppers Masters Cup tennistoer-
nooi plekke behaal het
Foto onder v.l.n.r:
Marco de Kock: o/14 – 2de
plek
P.D van Schalkwyk: o/18 – 4de
plek
Marinique de Kock: o/10 – 2de
plek
42 Die Fakkel Desember 2013
Leerders van Hoërskool Hoopstad
het uitstekend gevaar tydens
‘n uithourit te Kimberley. Marné
Muller het ‘n derde plek en Johan
van Niekerk ‘n eerste plek tydens
die 120 km-uithourit behaal.
Johan het ook algeheel derde
geëindig. Nelmarie Muller het ‘n
vierde plek onder die kinderruiters
wat 80km gery het, behaal.
Wiskunde:
Elize Ferreire – 4de
plek
Wiskunde Geletterdheid:
Danya Schutte – 3de
plek
Shaun Roberts – 3de
plek
Ruan van Aswegen – 6de
plek
Baie geluk aan Marco de Kock, ‘n
leerder aan Hoërskool Hoopstad, wat
in die FS Masters se top 8, tweede
geëindig het. Hoërskool Hoopstad
wil vir Marco ook alle sterkte toe-
wens tydens die November vakansie
waar hy die Vrystaat verteenwoordig
tydens wedstryde teen die Griekwas
en Oostelike Provinsie asook sy
deelname aan ‘n toernooi in Port
Elizabeth.
Die volgende leerders het almal
dié uithourit suksesvol voltooi:
Elize Ferreira, Mari Ferreira,
Elani Naudé, Zander Mynhardt,
Gericke Terblanche, JD Horn,
Deanette Jacobs.
Baie geluk aan die volgende leerders van Hoërskool Hoopstad wat puik presteer het tydens die Amesa
Olimpiade:
Saamwerk het aan die
Bultfontein top 20 Atletiek
gaan deelneem en som-
mer baie medaljes huis
toe gebring.
43Die FakkelDesember 2013
Verna Vels het 50 jaar gelede ‘n liefdevolle, naïwe karaktertjie
geskep en haar Liewe Heksie gedoop. Tot vandag toe vermaak
sy oud en jonk. Ja, sy kruip sommer gemaklik in die meeste se
harte.  Kleinbroek het ‘n 2013 verwerking daarvan aangebied. Ja,
en daar word sy toe Liefste Heksie.
Baie dankie aan al ons kinders, ouers, onderwysers, borge,
vriende en ondersteuners. Alle harde werk het pragtige vrugte
gedra!!! Daar is ‘n gesegde wat sê dat die vere die voël maak. Ja
die kostuums was kleurryk en besonders, maar glo my, hierdie
onderwysers verdien spesiale vermelding, want hulle het tot die
hoenders in hul pragtige vere leer vlieg!!!!!!
Die graad 4-klas van
Kleinbroek het hul eie
verkeerstekens gemaak en paaie gebou om die
verkeersreëls vir padgebruikers te demonstreer.
Die boodskap wat hulle graag uitdra aan die
gemeenskap, is: “STOP! Kyk regs, dan links en
weer regs”. Kom ons gehoorsaam ons padreëls en
verkeerstekens en sorg so dat Bothaville ‘n veiliger
dorp is om in te bestuur!
44 Die Fakkel Desember 2013
Edna se musiekskool wil net graag geluk sê aan die volgende leerlinge
vir uitmuntende prestasies behaal met die Trapeksamen vir 2013.
Elri de Jager; (Blokfluit, Trap 3, 87.0%), (Klavier, Trap 3, 81.5%)
Anje de Jager; (Blokfluit, Trap 1A, 78.0%), (Klavier, Trap 1A, 83.0%)
Cornél de Jager; (Blokfluit, Trap 3, 81.0%), (Klavier, Trap 3, 75.0%)
Cornelia de Klerk; (Blokfluit, Trap 1A, 82.5%)
Ceretha Olivier; (Klavier, Trap 2, 80.5%)
Leandri Els; (Blokfluit, Trap 3, 83.0%)
Marge van der Walt; (Blokfluit, Trap 1A, 79.5%)
Lerato Mphatsoe; (Blokfluit, Trap 2, 78.5%), (Klavier, Trap 3, 81.0%)
Palesa Mphatsoe; (Blokfluit, Trap 1, 76.5%)
Monique Baumgarten; (Klavier, Trap 2, 80.0%)
Graag wil ons ook van die geleentheid gebruik maak om baie dankie
te sê aan Ronél Roux wat gehelp het met van die leerlinge se
eksaminering.
Edna se musiekskool wil dankie sê vir elkeen wat
van die musiekkonsert so groot sukses en wonder-
like dag gemaak het. Ons het dit regtig almal saam
geniet. Dankie aan elkeen se deelname aan die
konsert- van die beplanning, deur elke oefening,
tot die opruim van die saal. Elkeen het ‘n bydrae
gelewer om van die dag so ‘n groot sukses te maak.
Dankie aan elke leerling vir hulle getroue bywoning
van lesse deur die jaar en baie geluk met wat julle
elkeen bereik het.
Om net ‘n paar hoogtepunte te noem. Ons gaskun-
stenaars, wat ons met sang vermaak het, was
Marianka Roodt, Marius Venter en Edna Grové. Vir
‘n bonus het ons saam met die sang ‘n dansopvoer-
ing gehad deur Kristie Dreyer.  Haar opvoering was
‘n pragtige vertolking en uitbeelding van Marianka en
Marius se sang.
Die verrassings item van die middag was ‘n pragtige
katte duet deur Gerda Roux en Edna Grové.
Ook wil ons die volgende borge hartlik dank: Balkin
Hardeware, Bothaville Apteek, Bothaville Spar,
Drommedaris Apteek, Hobbylix, Midas, Pieter Otto,
Spur en Suretha Fourie.
Ons dank gaan ook uit na Kristie, Thomas en Anneli
Dreyer vir die plasings van die Veldbrandberigte.
Ook aan Ilze Ludick vir die gereelde Fakkel berig
plasings.
Spesiale dank aan Hilde-Marie de Jager vir al haar
liefde, geduld en onvoorwaardelike hulp met al die
reelings en maak van die puik programme.
Dan ook aan Villa Su-Hansa ‘n hartlike en opregte
dank vir die lieflike ontvangs. Dit was voorwaar ‘n
voorreg om ons konsert by julle aan te bied.
Elke ouer kan trots wees op elke kind en weet hulle
kinders gaan nog ver kom in ons groot wêreld.
45Die FakkelDesember 2013
46 Die Fakkel Desember 2013
Foto Onder:   Machel
Luddick (Judo Beste
group 0);  Elsje Luddick
(Judo cup meisie);  Danel
Luddick (Geveg van die
jaar, Deursettings ver-
moë, Ystertrofee, Beste
Tegniek Dames , 4de
in
die klub en Beste vor-
dering Meisies).
Foto Onder v.l.n.r:
Machel Luddick dogters
o/8 jaar Stoei troffee;  
Elsje Luddick dogters
bo/11 jaar Stoei troffee;
Danel Luddick Stoei
dogters o/11 jaar en
streek wenner Stoei .
Foto Bo:  Danel Luddick in aksie, Streek kampioen.
Foto Links:  Machel Luddick (bo),
Streek Kampioen.
Foto Bo:  Elsje Luddick (Judo, 4de
op SA’s)
Foto Regs-Bo:  Danel Luddick  (Judo  
SA skole  Kampioen vir die 3de
jaar agter
mekaar en ope SA  Kampioen van jaar
2013)
Foto Bo:  Danel Luddick (Kurash  Silver
medalje op SA VanderBijlpark).
Foto Bo:   Machel Luddick (SA
Judo skole kampioen, 3de
jaar agter
mekaar).
47Die FakkelDesember 2013
Die Fakkel - 2013 Desember

More Related Content

Viewers also liked

CCCS y USGBC
CCCS y USGBCCCCS y USGBC
CCCS y USGBCfer772
 
Materia "Datos Y Azar" 3ºC
Materia "Datos Y Azar" 3ºCMateria "Datos Y Azar" 3ºC
Materia "Datos Y Azar" 3ºCFerna StambuK
 
StrongView Webinar: The A,B,C's of Contextual Marketing
StrongView Webinar: The A,B,C's of Contextual MarketingStrongView Webinar: The A,B,C's of Contextual Marketing
StrongView Webinar: The A,B,C's of Contextual MarketingStrongView
 
ANALISIS DE RIESGO CREDITICIO CAJA TRUJILLO
ANALISIS DE RIESGO CREDITICIO CAJA TRUJILLOANALISIS DE RIESGO CREDITICIO CAJA TRUJILLO
ANALISIS DE RIESGO CREDITICIO CAJA TRUJILLOalanart
 
Rocket Internet Company Report
Rocket Internet Company ReportRocket Internet Company Report
Rocket Internet Company ReportWebrazzi
 
JMcFarlaneThomsonPresentation
JMcFarlaneThomsonPresentationJMcFarlaneThomsonPresentation
JMcFarlaneThomsonPresentationJoanne McFarlane
 
Mobile Wallets Will Become Marketing Platforms: Featuring The Men's Wearhouse...
Mobile Wallets Will Become Marketing Platforms: Featuring The Men's Wearhouse...Mobile Wallets Will Become Marketing Platforms: Featuring The Men's Wearhouse...
Mobile Wallets Will Become Marketing Platforms: Featuring The Men's Wearhouse...Vibes_Thought_Leadership
 
Managing a Successful Fitness & Personal Training Business Presented at #File...
Managing a Successful Fitness & Personal Training Business Presented at #File...Managing a Successful Fitness & Personal Training Business Presented at #File...
Managing a Successful Fitness & Personal Training Business Presented at #File...Justin Tamsett
 

Viewers also liked (11)

CCCS y USGBC
CCCS y USGBCCCCS y USGBC
CCCS y USGBC
 
El placer de comer
El placer de comerEl placer de comer
El placer de comer
 
Whistleblower
WhistleblowerWhistleblower
Whistleblower
 
Materia "Datos Y Azar" 3ºC
Materia "Datos Y Azar" 3ºCMateria "Datos Y Azar" 3ºC
Materia "Datos Y Azar" 3ºC
 
Analisis de la obra asuntos de brujas realizada por Francisco de Goya
Analisis de la obra asuntos de brujas realizada por Francisco de GoyaAnalisis de la obra asuntos de brujas realizada por Francisco de Goya
Analisis de la obra asuntos de brujas realizada por Francisco de Goya
 
StrongView Webinar: The A,B,C's of Contextual Marketing
StrongView Webinar: The A,B,C's of Contextual MarketingStrongView Webinar: The A,B,C's of Contextual Marketing
StrongView Webinar: The A,B,C's of Contextual Marketing
 
ANALISIS DE RIESGO CREDITICIO CAJA TRUJILLO
ANALISIS DE RIESGO CREDITICIO CAJA TRUJILLOANALISIS DE RIESGO CREDITICIO CAJA TRUJILLO
ANALISIS DE RIESGO CREDITICIO CAJA TRUJILLO
 
Rocket Internet Company Report
Rocket Internet Company ReportRocket Internet Company Report
Rocket Internet Company Report
 
JMcFarlaneThomsonPresentation
JMcFarlaneThomsonPresentationJMcFarlaneThomsonPresentation
JMcFarlaneThomsonPresentation
 
Mobile Wallets Will Become Marketing Platforms: Featuring The Men's Wearhouse...
Mobile Wallets Will Become Marketing Platforms: Featuring The Men's Wearhouse...Mobile Wallets Will Become Marketing Platforms: Featuring The Men's Wearhouse...
Mobile Wallets Will Become Marketing Platforms: Featuring The Men's Wearhouse...
 
Managing a Successful Fitness & Personal Training Business Presented at #File...
Managing a Successful Fitness & Personal Training Business Presented at #File...Managing a Successful Fitness & Personal Training Business Presented at #File...
Managing a Successful Fitness & Personal Training Business Presented at #File...
 

Die Fakkel - 2013 Desember

  • 1.
  • 2. 2 Die Fakkel Desember 2013
  • 4. 4 Die Fakkel Desember 2013 Elke storie het mos maar ‘n Begin en ‘n einde. So werk dit mos met alles. Ons verhoudings, ons werk, ons lewensplanne. Maar soms bring ‘n einde ook ‘n nuwe begin. Dit reën een sei- soen, dan kom daar weer ‘n einde aan daardie seisoen, die reën bly weg en wanneer ‘n nuwe seisoen begin skeur die hemel oop en bou elke wolkie sy reën. Die begin van nuwe lewe...... Nou wie is ons om te sê, dis nie reg om oor die weer te praat. Dis glo nie elegant nie; ook nie etiket nie. Waaroor kan ons dan klein geselsies maak? Vir my is dit sommer nonsens. Hoe kan ons nié oor die weer praat, dit is dan so sentraal tot ons bestaan. Dink daaraan: Dit bepaal grootliks hoe ons ons blyplek inrig, hoe ons aantrek, wat ons eet. Afhangende van die weer laat dit sekere aktiwiteite toe en beperk weer ander. Vir seker speel die weer ook lekker kat en muis met ons emo- sies. ‘n Blouhelder sonskyndag werk mos heel anders met ons gemoed as daardie stil, lomerige winterdae. Winddae is vir my die slegste. Ek is sommer beneuk as die horison rooi skyn en jy moet behoorlik aan jou rokspante klou of jy waai weg. Sommiges sê dis die natuur se skoonmaak. Hiermee stem ek natuurlik glad nie saam nie. Ag nee skoonmaak?, die wind waai dan alles vol stof en ongelukkig woon ons in Afrika waar ‘n plas- tieksakkie geklasifiseer word as ‘n pragtige Lelie langs die pad. Die wind weet ook hoe om aan ons siel te torring. Nee wat, van wind hou ek net mooi niks! So, is dít nie rede vir ‘n goeie gesprek nie? Hoe sê jy vir ‘n boer wat die horison fynkam op soek na tekens van reën vir sy droë grond wat dringend bewerk moet word en dors en honger diere dis nie rég om oor die weer te praat soos en wanneer hy wil nie? Hier sit ons ook eintlik tussen seisoene. Tussen stof uit die Weste en reën uit die Ooste of Stof uit die Ooste en reën uit die Noorde, ag jong deesdae kom die stof mos uit enige windrigting, julle weet mos, en die reën bly weg! Halfpad tussen niks en nerens, moontlike dood aan die een kant en oorlewing aan die ander. Dis ‘n waiting game, en angstige lyftaal en die gebulk van beeste wat dors het en die “gesprek” verklap. Wannéér kom die reën? Gaan dit ooit weer reën?.... Reën is altyd meer as ‘n geselsie werd; dis ‘n taal wat ons álmal – mens en dier – verstaan. En as die sluise van die hemel ein- delik kan oopgaan en die groot vet druppels val op vetterige sanderige grond weet jy, die Vader sal voorsien. Hy voorsien altyd! Ek is mal oor die reuk van reën op droë grond. Die plitter platter op my huis se sinkdak en kaalvoet loop op die nat gras. As kind het ons in poele water gespeel en daardie jare was platannas so vollop. As dit reën was dit ‘n fees om platannas te vang. Ai die lekker ou dae, voel so onwerklik lank terug. ‘n ander leeftyd..... Ag my Hemel Vader, stuur vir ons wolke wat hulle druppels kan laat val op elke boer en elke persoon in Suid Afrika se stukkie aarde. Stuur vir ons reën wat alles weer kan skoonwas, vir mý is reën definitief die natuur se skoonmaak proses. Ons het dit nou noudig... Allebriewewordgratisgeplaas AANDAG ALLE LESERS! Die Fakkel stem nie noodwendig saam met alle briewe wat geplaas word nie. Briewe word meestal onveranderd geplaas. Dankie RED. Die Fakkel Desember 2013
  • 6. 6 Die Fakkel Desember 2013
  • 8. 8 Die Fakkel Desember 2013 Hier is nog oulike wenke vir die kombuis, soos ons verlede maand belowe het: • Bak brood of koek in ’n skoendoos in die mikrogolfoond. Na die tyd kan jy die doos weggooi en jy spaar vuil skottelgoed. • Maak broodkrummels met ou brood en droog dit deur 250 mℓ krummels vir vyf minute teen 100 % krag te mikrogolf. Of sit dit in ’n oond wat nog warm is nadat ’n gereg gaargemaak is. • As jou oond onegalig bak, bedek die onderste rak met tinfoelie om die hitte meer egalig te weerkaats. • Trek ’n oondrak met tinfoelie oor en gebruik as ’n pan vir kleinkoekies. Na die tyd kan jy die foelie weggooi en jy sukkel nie met ’n vuil pan nie. • Gooi ’n teelepel suurlemoensap by die suiker en botter terwyl jy dit verroom. Dit help om die koek lig te maak. • Sit ’n pan vol kookwater onder in die oond wanneer jy ’n vrugtekoek bak. Dit sal die koek vogtig hou. • Poeier ’n koek eers liggies met strooisuiker voor jy dit begin versier. Of smeer die koek met ’n klein bietjie botter of mar garien sodat die vulsel nie intrek nie. • As daar per ongeluk eiergeel by die eierwit beland, maak die punt van ’n lappie nat met water. Doop die punt nou in die eierwit en die geel sal vanself aan die lappie gaan sit. • Bak ’n klomp eiers gelyk in ’n kolwyntjiepan: Smeer die pan goed. Gooi ’n eier in elke holte en steek die pan in die oond. Bak teen 160˚C tot gestol. • Maak jou taak makliker: Verroom botter altyd in ’n bak wat jy eers in kookwater gedoop het. • Vries bederfbare oorskietkos en afval wat weggegooi moet word in plastieksakke en gooi dit in die munisipale asblik net voor die vullis verwyder word. So vermy jy slegte reuke in jou asblik. • Maak jou eie klappermelk deur ’n koppie droë klapper en ’n koppie warm melk te meng en ’n uur lank te laat staan. Gebruik net so of dreineer. • Gebruik jou pizzasnyer om allerhande dinge vinnig te sny: van fudge en pannekoek tot hoenderrepies. • As jy nie ’n ringkoekpan het nie, prakseer sommer jou eie: Plaas ’n vuurvaste glas of koppie sonder oor in die middel van ’n gewone pan. Smeer die koppie ook goed en hou dit vas terwyl jy die mengsel ingooi sodat dit nie rondskuif nie. • Gebruik karringmelk in plaas van melk of water om gebak soos skons, pannekoek en plaatkoekies veerlig te maak. • Gebruik sodawater pleks van kraanwater om pannekoekbeslag ligter te maak. • Dit is belangrik om pannekoek- of plaatkoekiebeslag 10 tot 15 minute te laat rus voor jy begin bak. • Hou altyd kleinkoekiedeeg so koud moontlik. As dit te warm word, word die koekies kluitjierig. • Moenie die deeg te veel bewerk nie anders word dit taai. • Klits twee eetlepels kakaopoeier en twee eetlepels suiker by room om sjokoladeroom te maak. • Skep lepels vol geklopte room op waspapier. Sit dit in ’n lugdigte houer en vries. Die klontjies kan jy later maklik in soppe en nageregte gebruik. • Vries oorskietwyn of suurlemoensap in ysbakkies om later in geregte te gebruik. • Gebruik gewone koekmeel as jy nie mielieblom het nie. Verdubbel net die hoeveelheid. • In plaas van karringmelk kan jy ongegeurde jogurt gebruik. • Vervang ’n eier in ’n gereg met twee eetlepels water, ’n eetlepel kookolie en twee teelepels bakpoeier. Meng goed. • Maak jou eie bakpoeier deur 30 mℓ kremetart, 15 mℓ koeksoda en 10 mℓ mielieblom ’n paar keer saam te sif. • Maak jou eie bruismeel deur 500 mℓ koekmeel, 5 mℓ koeksoda en 10 mℓ kremetart saam te sif. • Meng worcestersous met appelkooskonfyt om jou eie blatjang te maak. • Vervang botter of margarien deur sonneblomolie. Ongeveer 15 mℓ botter of margarien is gelyk aan 12,5 mℓ olie. • Sit ’n appel of geskilde aartappel in die broodblik om die brood langer vars te hou. Of vries die brood en gebruik soos benodig. Moenie brood in die yskas bêre nie, dit droog uit. • Aftreksel wat te sout is, kan met ’n teelepel suiker reggedokter word. Of kook stukkies aartappel saam met die sous – dit sal sout absorbeer. • Vervang witwyn in ’n gereg deur wit druiwesap, appelsap of hoenderaftreksel met ’n eetlepel asyn te meng. • Gebruik onverdunde, gekleurde aanmaakkoeldrank om versiersel te kleur. • As deeg breek terwyl jy dit uitrol, rol dit tussen twee lae waspapier uit. Volgende keer: Wenke vir die GROOT skoonmaak!
  • 10. 10 Die Fakkel Desember 2013 Hoopstad se boekklublede het ‘n besonderse literere middag aangebied met die skrywes van outeur Deon Meyer. Uit die kortverhaalbundel, “Karoonag en ander verhale”, is “Verslag van ‘n verdwyn- ing” verwerk as draaiboek vir die onlangse film, “Die laaste Tango”, waarvan Deon Meyer ook die regie gedoen het. Lize- Marie Swart, wat die rol van Lilly in die film vertolk, en haar mentor, Elsa Krantz, het ‘n paar humoristiese sketse voorgedra en uitgevoer. Hulle het tekste van out- eurs soos Riana Scheepers en Jan Spies gebruik. Die middag is afgesluit met ‘n bespreking van Deon Meyer se film. Hy het ook die draaiboek van “Jakhalsdans” geskryf. Boekwurms wat belangstel om saam met die boekklub te lees, is welkom om vir Reinette Rautenbach te skakel by 0725138340 Baie dankie aan die borge wat hierdie literere kuiertjie moontlik gemaak het. Foto Onder: Elsabe du Plessis, Elsa Krantz, Reinette Rautenbach, Lize-Mari Swart
  • 11. 11Die FakkelDesember 2013 JM Earl Kwartblad Kleur Op 3 November 2013 is Marianne de Necker, Hubert Roux en Lillian Viljoen by die AP Kerk in Hoopstad voorgestel. ‘n Wonderlike geleentheid waar ouma’s, oupa’s en ander fami- lielede teenwoordig was. Ons het die dag heerlik tee gedrink saam met hulle en wens hulle alles wat mooi is vir die toe- koms. Sterkte vir Matriek volgende jaar. Ons dra julle in ons gebede. APKerkVoorstelling Vir amper drie maande lank al stroom glashelder water uit ‘n gebarsde pyp in Akasiastraat in Hoopstad se nuwe uit- breiding die veld in waar dit op gedam het. Tikwana se beeste kom nou so gereeld hul dors hier les dat dié nou al ‘n voor uitgeloop het, en die water nou in die straat af loop waar dit ‘n nuwe “dam” teen die grootpad wat om die dorp loop gevorm het. Meer as ‘n half dosyn oproepe na mnr. L van die munisipaliteit asook persoonlike rapporter- ing by die munisipale kantore het egter tot op hede nog geen reaksie ontlok nie. Die belasting- betalers is mos daar om vir die vermorsing van die water te betaal. Duidelik is die gesegde van; “Ek meneer, jy meneer, wie sal die wa smeer?” hier van toepass- ing. Munisipale werkers wat na die probleem kom kyk het, het net hul skouers opgehaal en gesê dat dit nie hul afdeling is nie en hul niks aan die probleem kan doen nie. van Speek (Die munisipaliteit het toe inderdaad op 14 November ‘n ‘tegnikus’ uitgestuur wat die lekplek in ‘n oogwink reggesien het (hulle het die pyp afgesaag en omgebuig). Knap gedaan - Hierdie ouens se hande staan vir niks verkeerd nie - Red.)
  • 12. 12 Die Fakkel Desember 2013 ‘n Gemeenskap wat saamwerk en saam- staan is soos ‘n goed geoliede masjien wat mooi loop. Hierdie is egter deesdae ‘n baie seldsame verskynsel, die uitsonder- ing op dié reël is egter die gemeenskap van Wesselsbron, meer spesifiek die manne van Sektor 12 in die dorp. Vir die afgelope 3 jaar reeds patrolleer die 50+ lede van hierdie sektor die dorp met groot sukses. Gewone hardwerkende mense wat van agtuur soggens tot vyfuur saans (selfs vroeër en later) onderdele verkoop, voertuie regmaak, bande hers- tel, agter toonbanke staan en die publiek bedien, onderwys gee, werknemers, werkgewers en besigheidseienaars; met ander woorde doodgewone mense soos ek en jy, maar met een groot verskil. Hul doen alles vrywillig en offer hul kosbare tyd op om die dorp na-ure op hul eie onkoste met voet- en voertuigpatrollies te beskerm. Als het egter nie oornag gebeur nie, soos alle goeie dinge het dit tyd, bloed, sweet en trane geneem en selfs nou is daar nog groeipyne. Die onstaan van sektor polisiëring, na die ontbinding van die kom- mandostelsel, het aanleiding gegee tot die onstaan van die Sektor 12 patrollies in Wesselsbron. Die “witlig” patrollies soos ons dit ken dek gewoonlik net die plase en plaaspaaie om die dorpe, maar baie selde die dorpe self en vind gewoonlik ook net 4 keer per jaar (elke kwartaal) plaas. Die dorpenaars het hierdie leemte opgemerk en ‘n paar tweerigting-hand radio’s met hul eie geld bekom. Van ‘n klein begin het hul gegroei tot ‘n organisasie met 35 radio’s en waarvan meer as 50 lede ger- eeld die dorp patrolleer. Noue skakeling met die plaaslike owerhede (polisie en verkeer) is van kardinale belang. Die Sektor 12 ouens het soveel welslae behaal dat Bennedette Prinsloo, die Wesselsbron polisielid wat in beheer is van Wesselsbron se sigbare polisiëring vanjaar selfs ‘n sertifikaat ontvang het vir die Beste Sektor in die streek. Berigte oor hul suksesse verskyn ook gereeld in Die Volksblad. As enigiemand onraad vermoed, word die ‘witlig’ ouens heel eerste gebel om hulp, soveel so dat ‘n bejaarde dame hul eendag gebel het om haar kat uit ‘n boom te kom ‘red’. Om te bepaal of hul patrol- lies enige impak op misdaad in die dorp het, het hul ‘n paar maande gelede alle patrol- lies vir twee weke gestaak, toe vind daar drie inbrake plaas. Weereens ‘n bewys dat voorkoming beter is as genesing. Tydens funksies soos kerkraadsvergaderinge en prysuitdelings skerp die manne hul patrollies op, want dit is juis gedurende tye soos hierde dat inbrake en diefstalle kan plaasvind. Die organisasie het ook ‘n 12 punt gedrag- skode wat eers deur alle lede onderteken moet word voordat hul enigsins toegelaat word om aan patrollies deel te neem. Alle patrollievoertuie moet met ‘n witlig en Sektor 12 voertuigmagnete toegerus wees alvorens daar met hul gepatrol- leer mag word. Alle lede moet ook hoë sigbaarheids-baadjies op patrollie dra en absoluut geen alkohol word toegelaat nie. Dissipline is uiters belangrik en as die kern gesond is, val die res van self in plek. Omdat alle uitgawes uit hul eie sakke kom is fondse maar skraps en borge van enige aard is altyd meer as welkom. ProGas het in die verlede die voertuigmagnete geborg, JP Onderdele het onderneem om glimbaadjies vir die lede te borg en die Vryheids Front Plus het reeds die magnete vir die voertuie geborg. Tans bestaan daar ‘n behoefte aan spotlights, flitse, hand- en tweerigting radio’s. Enigiemand wat ‘n bydrae wil maak kan vir Desmond Reed by 082 770 6201 skakel of e-pos by des@jponderdele. co.za vir meer inligting.
  • 14. 14 Die Fakkel Desember 2013 Ek kry so elke nou en dan ‘n onaan- vegbare lus vir risotto. Dit is vir my die beste voorbeeld van kos wat jou gemaklik, vol en warm laat voel. Dis amper soos sjokolade pronutro! As ek dit maak nooi ek graag mense omdat dit nogal werk is, en omdat ek mal is daaroor om te luister na die stilte om die tafel en die krappery wanneer hulle die borde leegmaak. Ek het al die proses van risotto beskryf in April. Hier net weer kortliks. Jy kry ‘n lekker swaar pan of pot aan die gang met olyfolie, uie en knoffel. Dan voeg jy jou risotto in en braai stadig todat jy sien die risotto raak effens deursky- nend. Nou maak jy die bottel witwyn oop. Skink vir jouself ‘n glasie en gooi nog ‘n glas wyn by die risotto. Dit sal wegkook, hou aan met roer. Nou hou jy aan met aftreksel oorgooi en roer. Dit sal so ongeveer 20 na 25 minute neem. Maak seker die risotto bly bedek met aftreksel. Gooi jou handvol suurlemoentiemie by. Sny jou prosciutto in fyn langwerpige repies en plaas eenkant saam met jou pietersielie en 2 tipes kaas. Omdat dit gerook is hoef jy dit nie gaar te maak nie, terloops moenie gerookte vleis ooit gaar maak nie dan word dit geweldig sout. Jou gaste kom nou in en hou hulle maar besig met wyn. Hulle moenie vir jou kwaad word as jy voortdurend jou oog op die pot hou nie. Risotto is ‘n high maintenance girlfriend en sy dring aan op aandag. As jou risoto reg is, laat die laaste hoenderaftreksel bietjie wegkook en roer die parmesan kaas deur sowel as sout en peper na smaak. Skep dit uit die pan uit in elke bord en strooi bo-op elke hopie die pietersielie, nog tiemie, die repies vleis en lekker dun stuk- kies bokmelk kaas. Skink witwyn, roer jou bestandele lekker deurmekaar en smul. Moenie verbaas wees as jy nie oorskiet oor het vir Sondag aand se MNET fliek nie! Hierdie een het ek opgespoor in ‘n resepte boek en dit toe Saterdag aand probeer. Jy benodig vir 4 mense min of meer die volgende: * 500 gram risotto * ‘n pot vol hoender of groente aftreksel so 150 - 200 gram prosciutto (of jy jan enige ander goeie kwaliteit gerookte ham gebruik) * ‘n goeie handvol suurlemoen tiemie * ‘n handvol vars parmesan kaas so 150 gram bokmelk kaas * 1 ui, fyngesny * so 4 knoffelhuisies, fyngesny * ‘n handvol Italiaanse pietersielie * Sout en swart peper
  • 16. 16 Die Fakkel Desember 2013 Hierdie Maand In My Tuin Hierdie Maand In My Tuin ‘n Groot boom of ‘n klein boom, bladwisselend of immergroen. ‘n Hele laning of net ‘n enkele een vir daardie nodige kolletjie skadu. Die moontlikh- ede is eindeloos. Die keuses ontelbaar en vir elke tuin is daar ‘n unieke boom wat tuinier en tuin sal pas, maar tussen dit alles deur is daar een feit wat verseker bly staan… ‘n Tuin sonder ‘n boom is soos somer sonder sonskyn. Bome is nie net daar om die tuin soos ‘n tuin te laat voel nie. Daar is ‘n magdom voordele daaraan om ‘n boom te plant. Dit verminder lugbesoedeling. Bome vermeer- der die waarde van jou eiendom. ‘n Habitat word verskaf nie net aan voëls nie maar ‘n magdom insek- en dierelewe. Bome dien as windbrekers en doen baie goed in areas wat lae instandhouding benodig. Die blare van bome help om dat grond nie hard gekom- pakteer word wanneer dit reën nie deur groter reëndruppels te keer en op te breek in kleiner drup- pels. Die wortels van ‘n boom help om die grond te bind en erosie te voorkom en blare wat val dien as ‘n wonderlike en natuurlike deklaag. Skadu areas wat deur ‘n boom veroorsaak word maak ‘n hele nuwe keuse van skaduliewende plante oop vir die tuinier en die skaduwee verminder die verdaming van water uit grond. Wanneer jy jou boom plant is daar ‘n paar faktore wat in ag geneem moet word. Die belangrikse hiervan is die keuse van en grootte van jou boom. Faktore wat hierby gaan insluit is waarvoor die boom of bome gebruik gaan word. ‘n Laning, wind- skerm of fokus punt in die tuin. Wanneer die area vir die boom gekies word hou in gedagte dat die boom groot gaan word en dus nie in die toekoms enige verkeer of verkeerstekens gaan blokkeer nie. Moet ook nie ‘n area kies wat onder krag of telefoondrade is nie. Hou ook die volgende vyf punte in gedagte om die verseker dat jou boom ‘n sterk wortelstelsel ontwikkel. Die gat moet ten minste twee of drie keer groter wees as die sak waarin jou boom is. Dit verseker dat genoegsame spasie beskikbaar is vir toekom- stige wortelgroei en vorming. Gebruik genoegsame kompos om goeie dreiner- ing te verseker en onthou om altyd superfosfaat of beenmeel ook by te voeg wanneer nuwe bome geplant word. Hierdie produkte help met wortel vestiging en groei. Maak die boom eerder minder gereeld dieper nat as wat jy dit gereeld bietjie water te gee. Deur diep nat te maak spoor jy die wortels aan om dieper te groei. Gebruik ‘n deklaag om te voorkom dat water uit die grond verdamp. Indien dit nodig is om die boom te stut moet dit in so mate gedoen word dat veilige beweging steeds moontlik is om te voorkom dat die boom beskadig word. Sodra die boom sterk genoeg is om homself te ondersteun moet die stut verwyder word. Maak jou somer vol sonskyn en jou tuin ‘n tuin. Plant ‘n boom wat vir jou skaduwee gaan gee om die sonskyn van die somer te geniet.
  • 18. 18 Die Fakkel Desember 2013
  • 20. 20 Die Fakkel Desember 2013 Ek wil graag vir ons bekende eerwaarde Desmond Tutu sê, wat voorstel dat ons blankes (wittes) welvaartsbelasting moet betaal, en ook wil ek vir jeugleier Julius Malema sê, wat beweer dat daar ‘n blanke (wit) besigheidsmonopolie in onse land is, dat hulle dit heeltemal agterstevoor en onderstebo het, want: Ons GEE, ons sorg, ons voorsien, ons deel uit, ons kook sop, ons bak brood, ons maak ons klerekaste leeg, ons “tip” vir die stoot van ‘n trollie by die winkel met twee items in, ons “tip” vir ons kar se oppas, ons “tip” vir ons kar se was, ons “tip” die bedelaars by die robotte – wat hul eie landgenote nie eers doen nie. Ons betaal vir uitgebreide familielede se begrafnisse tot in die derde geslag, ons betaal skoolgeld en boekegeld vir kinders, neefs, niggies. Ons laat ons huishoudsters leer, ons brei truie, musse, handskoene, ons koop komberse, ons gee klasse in papiere optel, kook, brei, hekel, kleremaak, spit, boer, plant, koeie melk. Ons GEE. Ons koop oorpakke, koop ver- jaarsdagkoeke, koop pille, betaal die taxi, gee ons kosbare padkos langs die pad weg en sweeties deur kar- en treinvensters. Ons GEE. Ons skep werk, ons kry jam- mer, ons bid, ons tel babas in asblikke op en maak hulle groot, ons gee kerspartytjies in kleuterskole in plakkerskampe, ons laat opereer, ons gee ons harte, lewers, niere, longe, poepol en tonge. Ons GEE. Ons is nie rassisties nie, ons is nie wraakgierig nie, ons bly steeds hier in ons land, ons maak skoon, ry aan, laai af, tel op. Ons troos, verduidelik, ons bly kalm, staan in lang rye en glimlag, en laat die een met die krukke eerste gaan. Ons GEE…….. Het ek al gesê, ons GEE. So, ek dink, iewers tus- sen êrens en nêrens het julle die kat aan die stert beet, en het julle alles agterste- voor en onderstebo. Om by ‘n koffiewinkel of restaurant te sit en verbygaande mense te bekyk is een van my gunsteling tyd verdrywe. Hierdie land van ons het wraggies van dié interessant- ste kreature op aarde. Een Saterdagoggend het ek my tuis gemaak by ‘n koffiewinkel op die stoep en ek bestel ‘n “white hot chocolate” (ja ja en al was dit somer het ek ‘n behoefte aan iets ryk, romerigs en soet gehad.) Ek is mos nie op ‘n dieët nie, ek glo die lewe is heeltemaal te kort en soms te morbied om nie elke moontlike lekkerte te benut nie. So sit ek en bekyk die mense, lewer kritiek en gee kompli- mente so in my gedagtes, toe ek bewus word van ‘n seuntjie van seker so 5 of 6 jaar wat so skuins oorkant my sit. Sy ma en nog ‘n vrou sit saam met hom aan die tafel en hulle gesels land en sand. Die arme kind sit maar hoogs verveeld en tande tel. Hy sit my omtrent en aanstaar so by so dat ek later begin wonder of ek ‘n gogga in my hare of dalk spinasie in my tande het. Ek glimlag vir hom en hy glimlag lui vir my terug. Ek kyk toe maar weer hoe die mensverkeer verby beweeg en gaan voort om “Judge Judy” in my kop te speel. Nou kyk, mens kan mos aanvoel as iemand heeltyd vir jou kyk en ek loer weer so na die seuntjie toe en sien dat die kind homself nou gedraai het in sy stoel en sy bene op die sitplek gekruis het en so sit hy nou my absoluut oop en bloot en aangaap. Ek kry so effens ongemaklike gevoel, maar glimlag braaf weer vir die mannetjie en hy glimlag terug. Ek kyk toe weer weg na die verbygangers. Sy ma het opgelet dat hy besig is om blatant na my te staar en ek hoor hoe sy hom aanspreek. “Boetie, mens staar nie so na mense nie.” Hy draai so ewe vererg om en se vir sy ma, “maar die tannie het eerste begin, ek dink sy wil my milkshake hê want hare lyk vir my maar bleek. Nou kyk ek haar maar aan soos Spottie vir my aankyk as hy my kos wil hê, miskien sal sy ophou. Sy ma proes en ek stik aan my lou koue “white hot chocolate” en ewe gedwee sal die klein man ‘n vinger na my wys en sê “daar het sy dit nou, daar verstik sy nes Spottie as hy sy kos te gulsig sluk.” Sy ma het so ‘n verskonende uitdrukking gekry terwyl sy haar hand voor haar mond hou om haar lag te smoor terwyl die outjie net verontwaardig van my na sy ma kyk. Ek bars uit van die lag met die besef dat hierdie kind nou vir my so heeltemaal uitgeboul het dat ek wragtig geen skerp “comeback” daarvoor het nie. Toe ons die gelag onder beheer het vra sy my omverskoning vir haar seuntjie se uitlating en bied aan om my “milkshake” te betaal. Ek het net weer gelag en gesê haar seun het my dag absoluut gemaak en ek sal met graagte eerder sy milk- shake betaal. Sy’t die kleinman aan die hand gevat en hulle het begin aanstap kar toe. Toe ek weer sien ruk hy los van sy ma en storm na my toe en vra of ek vol- gende Saterdag weer hier gaan wees om vir hom ‘n milkshake te koop. Nou ja hoe sê jy nou vir sulke kinder onskuld nee, ek’t ‘n afspraak met hom en sy ma gemaak vir die volgende Saterdag en nou 2 jaar later is dit nog steeds ons ritueel om Saterdae vir die meneer ‘n milkshake te koop.
  • 22. 22 Die Fakkel Desember 2013
  • 24. 24 Die Fakkel Desember 2013 JP stap op en af in die sitkamer. Hy verwerk nog die skok nuus wat hy vanoggend oor Marlette gekry het. Hoe kan dit waar wees, hoe de dinges gebeur so iets? En sommer so uit die bloute. Hoe gaan hulle die ding hanteer, hoe gaan hulle almal in die oë kyk en die nuus oordra? Nee! Hoe kan so iets met hulle gebeur? Hy stap kordaat af na die kamer toe waar Marlette op die bed lê en saggies huil. Hy staan in die deur en kyk na die verwese figuur wat volgens dokter Petzer, net ‘n week oor het om te leef. Die kanker het haar liggaam vernietig, daar is waarlik niks wat hulle vir haar kan doen nie. Genade, dit klink soos iets uit die riller/drama seksie van die video winkel. “JP, dit was dokter Petzer, die toets uitslae het bevestig….ek het nog net ‘n week oor om te leef, hy sê hy is verskriklik jammer om sulke nuus te gee maar ek moet kalm bly en dalk maar my sake in orde kry. Hy sê die kans dat ek langer as ‘n week sal oorleef is feitlik nul.” Hy het net bleek na haar gestaar toe sy op die grond in ‘n hopie gaan sit en haar skouers onbeheerbaar begin ruk het. Hy was versteen van skok. Hoe sê jy vir die vrou wat jy 7 jaar lank mee getroud is en liewer as jouself het, dat dinge ‘okay’ gaan wees. Hoe troos jy iemand, wat jy pas gehoor het, jy oor ‘n week verewig gaan verloor terwyl jyself binne verpletter is. Hoe wees ‘n mens sterk vir haar terwyl jy alles en enige iets sal gee om met haar plekke te ruil. Marlette sien my staan in die deur en sê ek moet by haar kom sit. Sy vat ‘n pen en ‘n skryfboekie en begin skryf. Ek wil so graag iets sê maar die tennisbal in my keel verhoed dat ek geen geluid kan maak nie. Ek het my vrou daardie selfde middag terug hospitaal toe gevat want sy het net skielik in mekaar gesak. Ek het haar hand vasgehou en haar gesmeek om asseblief maar solank as wat sy kan uit te hou. Daar’s nog so baie wat ek vir haar wil sê en wys en gee. Met ‘n swak liggaam en uitputting duidelik sigbaar belowe sy my, sy sal uithou. In die dae wat gevolg het het haar familie en vriende kom groet en sy het moedig vir almal geglimlag en gesê dit sal ‘okay’ wees. Ses dae nadat ons die tyding gekry het en Marlette die dokter gevra of sy haar laaste dae by ons huis kon deurbring. Sy wou nog die lelies vir oulaas sien blom. Hy het toestemming gegee en gesê hy sal gereeld kom inloer. Vier dae later het sy gevra dat ek haar na die lelies toe vat. Ek het vir haar ‘n hele paar gepluk. Sy het so mooi geglimlag en terwyl sy in my arms op die kombers lê het sy vir my gefluister, “JP, dankie vir al ons mooi jare saam en dankie vir al jou ure se swoeg om vir my ‘n tuin vol lelies te gee, ek weet jy haat tuinwerk. En dankie my lief dat jy lief genoeg is vir my om my by te staan in hierdie tyd. Dankie dat jy my nie verlaat het nie.” Ek het weer ‘n tennisbal in my keel gehad maar ek kon haar vas in die oë kyk en haar vir oulaas soen. Dokter Petzer het ons daar in die tuin gekry daardie middag, waar ek en Marlette op die kombers in die koelte van die Seringboom gelê het. Sy was in my arms en die lelies was nog in haar hand. Sy het net gelyk of sy slaap, sag en rustig. Ek weet nie hoe lank ons drie so in die tuin gebly het voor hulle haar kom weg vat het nie. Ek het die lelies, wat ek vroeër vir haar gepluk het, opgetel en weer in haar hande gesit en sy het op daardie oomblik weer soos my bruid, 7 jaar gelede, gelyk. Ek het gehuil toe hulle haar wegvat maar ek het vrede in my gehad. My Marlette was self ‘n lelie en nou gaan sy huis toe, na waar die lelies altyd blom.
  • 26. 26 Die Fakkel Desember 2013
  • 28. 28 Die Fakkel Desember 2013 Snuffelgids AANDAG AANDAG AANDAG MAMMAS (Hoopstad) Opblaas water-wurm te huur. +- 12m lank. Ideaal vir partytjies en vakansies. Skakel Riaan Voster 082 888 6481
  • 29. 29Die FakkelDesember 2013 We specialise in dress fabrics hebbe- deshery curtaining, upholstery, headboard, cushions alteration and much much more... Fabric & More We specialise in dress fabrics hebbe- deshery curtaining, upholstery, headboard, cushions alteration and much much more... No. 6, Bullion Street (Opposite Shell Garage) Virginia, 9430 Tel / Fax : 057 212 5201 Fabric & More
  • 30. 30 Die Fakkel Desember 2013 Deere het bekendheid verwerf toe hy ‘n ysterplaat ploeg gebou het wat nie in sommige van die kleigrond in die VSA aangepak het nie. Vroeg na 1910 eksperimenteer Deere met Russies en Deense vervaardigde trekkers maar sit niks op die mark nie. Deere waag ook sy hand aan vliegtuie en fietse. John Deere betree eers suksesvol die trekkermark toe hy die Waterloo Company in 1918 uitkoop en die Waterloo Merk 3 vanaf 1918 tot 1923 bemark. In 1924 word die wêreldberoemde John Deere D gebou uit die basiese Waterloo Boy. Kom ek laat die aap uit die mou. Die woord trekker (tracktor) word in 1901 vir die eerste keer in die VSA gebruik en in Engeland eers in 1906. Na Henry Ford se “Auto Plow” gebeur dinge vinnig. Ford se mede-direkteure stel nie belang in die vervaardiging van trekkers nie, hulle reken hulle karre doen goed genoeg. Dit noodsaak Ford om ‘n nuwe maatskappy te stig in vennootskap met sy seun. Die nuwe maatskappy trekker word “Fordson” genoem, Ford & Seun! Henry Ford kry ‘n verassings- besoek van ‘n Engelse afvaardiging. Die Engelse wil hê Ford moet op ‘n groot skaal vir hulle trekkers lewer. Hulle land verkeer in ‘n staat van oorlog met Duitsland. Hulle hawens word deur Duitse magte geblokkeer en Engelse burgers word opgeroep vir oorlog, so kan kos produksie ‘n probleem word en met slegs diere krag ‘n nog groter probleem. Ford moet asseblief dringend help! Ford antwoord hulle dat sy trekker nog in ‘n eksperimentele stadium is. Die Engelse sê egter wat goed is vir hom, is goed genoeg vir hulle. So gebeur dit dus dat Ford met ‘n spoed wegspring in die Fordson Trekker vervaardiging. Nou gebeur hier twee eerstes in die trekker geskiedenis. Fordson is die eerste trekkers om van ‘n monteerlyn af te kom en Henry Ford se trekker is die eerste wat uit ‘n eenheidskonstruksie bestaan; m.a.w. die enjin, ratkas en ewenaar bout aan mekaar vas, dus geen onderstel nie. Baie mense sê egter dat Ford ‘n bietjie afgekyk het by Massey Harris. Duisende Fordsons word aan Engeland gelewer. Henry se trekker word die Fordson F genoem. Die Fordson F verw- erf ‘n swak reputasie. “Hoekom?”, vra jy. Tussen 1917 en 1923 sterf 150 drywers van Fordson F’s wat agteroor slaan. Die rede; die Fordson ploeg dieper as wat die diere getrekte werktuie kon doen. So word boomwortels, klippe en ander vreemde voorw- erpe getref wat die trekker laat agteroor slaan en in baie gevalle sy drywer dood. Die Engelse skryf op hulle Fordson F’s se brandstof tenks; “Prepare to meet your God”. Henry Ford moes ‘n plan maak vir hierdie ernstige prob- leem, ons weet die Fordson F’s van 1917 tot 1923 het nie modderskerms gehad nie. Ford ontwerp nou ‘n mod- derskerm met ‘n gereedskap kassie in elkeen en dit word op die 1924 modelle gemon- teer. Hierdeur gebeur dit dat wanneer die trekker oplig, dit op die modderskerms druk en dus verhoed dat die trekker agteroor slaan. ‘n Eenvoudige plan vir ‘n ernstige probleem. Skakel my gerus indien u meer inligting verlang of oor ander interressanthede 082 804 3615
  • 32. 32 Die Fakkel Desember 2013
  • 34. 34 Die Fakkel Desember 2013 Mollerstraat 19 Hoopstad 9479 TEL : 082 575 7243 FAKS : 086 634 5795 wvd@lantic.net Elke mens het die reg om homself, sy afhanklikes en sy eiendom teen misdaad en beskadiging te beskerm. Die ver- weer moet binne perke wees en daar mag nooit uit wraak op iemand geskiet word nie. Twee kundiges lig die groot vraag toe : “wanneer mag ek skiet?”. Die wettige besit van ‘n vuurwapen is een aspek van wapenhantering - om dit regmatig te gebruik is ‘n ander, maar belangrike faset. Iemand wat ‘n wapen wettig besit, kan nie bekostig om dit te dra met die oog op moontlike gebruik sonder ‘n werkbare kennis van die regsaspekte daaraan verbonde nie. Wetgewing en regsaspekte kan egter deur die Wetgewer gewysig word. Daarom is die onus op die leser hiervan om hom of haarself te vergewis van die heersende regsaspekte van vuurwapenhantering. Die Suid-Afrikaanse regstelsel is gegrond op die beginsel dat lewe onaantasbaar is. Die stelsel bepaal ook dat die individu die onaantasbare lewe van ‘n ander individu slegs onder bepaalde omstandighede mag neem. Van Oostem, F.F.W. (Algemene Beginsels van die Strafreg) en Snyman, C.R. (Strafreg) meld dat ‘n aanval aan bepaalde regsvereistes moet voldoen voordat dit as ‘n aanval beskou kan word, maar verdediging mag nie die perke van die regsvereistes oorskry nie. Van die belangrikste vereistes waaraan ‘n aanval moet voldoen, is dat die aanvaller ‘n wapen moet gebruik wat weerklik iemand anders se lewe in gevaar stel. Die verdediger mag homself binne perke teen die aanvaller beskerm, maar mag nooit en onder geen omstandighede uit wraak op iemand skiet nie. Vereistes waaraan ‘n aanval moet voldoen is: * Dit moet uit ‘n positiewe of negatiewe handeling bestaan. * Dit moet wederregtelik wees. * Dit moet teen regspoed wees (lewe of eiendom). * Dit moet reeds begin het of dreigend wees. * Dit hoef nie noodwendig teen die verdediger self gerig te wees nie. Vereistes waaraan ‘n aanval moet voldoen is: * Dit moet teen die aanvaller gerig wees. * Dit moet noodsaaklik wees om regspoed wat aangeval word, te beskerm. * Dit moet nie meer skadelik wees as wat nodig is om die aanval af te weer nie. * Dit moet doelbewus geskied. ‘n Ernstige beroep word op u as gebruiker gedoen om die volgende in ag te neem met die gebruik van die Marnet-radio: * Voordat u die radio gebruik, maak seker dat daar nie iemand praat nie. * Maak seker dat u op die regte kanaal praat. * Sê altyd eerste wie u is, en na wie u opsoek is (daar is bv. meer as een Jan). * Skakel dan oor na die gebruikers kanale 3 - 8. * Die persoon wat roep gee die kanaal waarheen daar oorgeskakel moet word. * Indien u met ‘n voertuig ry, maak seker dat u nie op die mikrofoon sit nie, dit veroorsaak dat ander nie die radio kan gebruik nie. * Radio - Stilte is vanaf 20:00 tot 05:30, behalwe in geval van nood. * Kanaal 2 Nasionale roepkanaal * Kanaal 3 Algemene praatkanaal * Kanaal 4 Algemene praatkanaal * Kanaal 2 Brandweer (nie meer in gebruik in Hoopstad) * Kanaal 2 Ambulans (nie meer in gebruik in Hoopstad) * Kanaal 2 SAPD (nie meer in gebruik in Hoopstad)
  • 35. 35Die FakkelDesember 2013 Diabetes is ook genoem suikersiekte wat verwarring veroor- saak omdat die mite bestaan dat mense van diabetes het “allergies” vir suiker is en glad nie suiker mag inneem nie. (Dan word aangeneem dat ander koolhidrate wel aanvaar- baar is.) Die term het egter ontstaan omdat die urine van ‘n diabeet so soet is soos suiker en dat in die ou dae die urine geproe is om te bepaal of ‘n persoon ‘n diabeet is. Dit word ook suikersiekte genoem omdat daar te veel suiker (glukose) in die bloed is. 89 jaar gelede in 1922 is die eerste pasiënt met insulien behandel. Voor dit het alle diabete ‘n vinnige dood in die gesig gestaar. Dit is egter jammer, tot vandag toe is daar nie genesing vir diabetes nie net behandeling. Diabetes kan ingedeel word in twee b r e ë kategorieë. Tipe 1 voorheen bekend as insulien afhanklike diabetes en Tipe 2 diabetes voorheen bekend as nie-insulien afhank- like diabetes of volwasse insulien (Adult onset dia- betes). 5-10% van alle diabete is Tipe 1 en die res is Tipe 2, daar is ook ander tipes diabetes onderandere swangerskap (Gestational Diabetes) , LADA (Latente outoimuun diabetes in volwassenes), Mody (Maturity onset diabetes of the young – volwasse aanvangsdiabetes), Diabetes Insipidus (wat nie werklik diabetes is nie, maar ‘n onvermoë van die liggaam om vloeistof te hanteer). Dit is belangrik om te verstaan dat Tipe 1 en 2 verskillende tipe diabetes is met dieselfde simptome, naamlik hoë bloedsuiker, maar dit verskil wel in oorsaak en behandeling. By Tipe 1 diabetes is die betaselle op die pankreas vernietig en kan insulien, met ander woorde nie vrygestel word nie. Die enigste behandeling is om insulien deur middel van inspuitings te ontvang. Tipe 1 diabetes ontstaan gewoontlik voor die ouderdom van 35 jaar, terwyl Tipe 2 diabetes na die ouderdom van 35 jaar ontwikkel. Dit is egter ontstellend dat al meer kinders ook met Tipe 2 diabetes gediagnoseer word tydens puberteit. Die Tipe 2 diabeet kan probleme by enige van 3 organe begin naamlik: die lewer, die liggaamselle of die pankreas. Die lewer kan oormaat van glukose produseer en insulien is nie genoeg om oormaat glukose te dek nie. Die liggaam kan weerstandig wees vir insulien, met ander woorde daar is insulien beskik- baar maar om een of ander rede maak of “sluit” die reseptors van die selle nie oop om glukose uit die bloed te ontvang nie. Derdens begin die pankreas om een of ander rede minder insulien vervaardig en glukose kan ook nie deur selle opge- neem word nie. Afhangende van waar die probleem is word die Tipe 2 diabeet daarvolgens medikasie gegee en gewoonlik in die vorm van pille. Tipe 2 diabete kan egter later ook insulien begin gebruik (ongeveer 5-10 jaar na diagnose). Die Tipe 2 dia- beet se toestand kan in baie gevalle onder beheer gebring word deur ‘n veranderende leefstyl van dieet, oefening en medikasie (80% van alle Tipe 2 diabete is oorgewig). Albei tipes diabetes het ‘n genetiese faktor. Daar is heelwat gene geïdentifiseer wat te doen het met diabetes. Om dia- betes te ontwikkel is ongeveer 5 gene teenwoordig, maar by Tipe 2 diabetes speel die omgewing egter ‘n groter rol. Indien albei ouers egter Tipe 2 diabetes het, is die kans 100% dat die kinders ook diabetes kan ontwikkel. By Tipe 1 diabetes is daar ‘n oorerwingsfaktor van beide ouers af. Indien albei ouers Tipe 1 diabete is is daar minder as 20% kans dat hulle kinders dit wel kan ontwikkel. Iindien een van ‘n identiese tweeling diabetes ontwikkel sal daar ‘n 40 – 50% kans wees dat die ander tweeling dit ook kan ontwikkel. ‘n Omgewingsneller speel ‘n rol by die aanvang van Tipe 1 dia- betes, maar daar kan nog nie met sekerheid gesê word wat die oorsaak is nie. Sommige navorsers meen dat die koxsakkie virus dit kan vooraf- gaan, ander navorsing toon dat ‘n bees- m e l k a l l e r g i e daartoe kan aan- leiding gee.
  • 36. 36 Die Fakkel Desember 2013 Hoopstad Buiteklub kon op Saterdag, 9 November sommer groot partytjie hou danksy die ruimhartige bydraes van ELKO Implemente, MBM Meganisasie (Claas Trekkers) en Human Auto wat die klub en al die geaffilieerde sporte (muurbal, gholf, tennis en rolbal) wat hier aangebied word, vir die dag geborg het. Alhoewel dit ook as ‘n jaar afsluitingsfunksie gedien het is die klub se vyftigjarige plus bestaan ook sommer ordentlik met ‘n lekker spitbraai gevier. Mev. Jeanette Reitz het selfs al die pad van Pretoria af gereis om die geleen- theid by te woon. Sy en mev. René Coetzer was van die oudste lede teenwoordig. Nico Coetzer het met groot humor en soms ‘n traan in die oog die buiteklub se kleurryke geskiedenis met almal gedeel. Lemay Visser het namens die muurbal-afdeling die toekenning vir Deurbraakspeler van die jaar aan Willem Strydom oorhandig. Hermias Strauss het die rolbal se prysuitdeling hanteer. Hier is die Oranje-span as wenners vir die dag aangewys. Carlos Nogueira is as die mees toegewyde manlike speler van die jaar aangewys terwyl Narette de Beer as die mees toegewyde dame vereer is. Kwêk Dietrichsen, die klub kaptein wat vanjaar vir Sentraal Vrystaat gespeel het, het die gholfers se pryse uit- gedeel en is ook met die beker vir sport ambassadeur vereer t.o.v. sy positiewe houding teenoor die klub en ander sport- soorte. Ben van der Walt jr. is as die speler wat die beste vordering getoon het aangewys terwyl Gustav le Grange as die golfer van die jaar aangewys is. Die prokureurs paar, Fanie van Vuuren en Gustav le Grange, het met 64 punte derde vir die dag geëindig terwyl Anton Kapp en Gareth Schenk tweede met 68 punte was. Die eerste plek met ‘n allemintige telling van 73 punte het aan Alie Wolfaardt en Minnaar Jacobs behoort. Attie de Necker was verantwoordelik vir die tennis-afdeling se prysuitdeling en hier is Clara de Jonge as die dame speler van 2013 en Rudi van Vuuren as die manlike speler aangewys is. Hierdie twee mense dien as voorbeelde van goeie sport- mangees, baie dankie en baie geluk. Vir die dag se spel het Lemay Visser in die derde geëindig terwyl Janus van Deventer tweede en Norma Booysen eerste gekom het. Hierna het Hoopstad se eie “rockers”, die Stofstorm Orkes (Lood Bouwer, Wilhelm Louw, Ben van der Walt sr. en Ben jr.) die byna 200 gaste by die geleentheid met ongelooflike mus- iek vermaak. Baie dankie aan Koos, Elsie en Danie Malan en Chris Botha vir hul bydrae tot hierdie dag. Koos se pa Danie was ook een van die stigterslede van die Buiteklub.
  • 38. 38 Die Fakkel Desember 2013 Geduld, geloof, deurset- tingsvermoë, dissipline , herhaling en hardewerk is sinoniem met Hoopstad gimnastiekklub. In 2013, het Hoopstad klub in die Maart vakansie ‘n tuimelkursus saam met Michael van Tumble Mania in Pretoria aangebied. Dit was ‘n reuse sukses, vol pret. Julie vakansie het ons voorberei vir die jaar se harde werk wat voorgelê het. Ons het vanjaar in vyf kompetisies meegeding waar uitstaande presta- sies behaal is. Die Helena Botha Kampioenskap in Bloemfontein op 8 Junie 2013 was ons eerste van die jaar en ook vir baie ander 6 jaariges hulle heel eerste kompetisie. Ons het Klerksdorp tweede aangedurf, waar puik prestasies opgelewer is. 19 Algehele plekke is behaal van die 43 Hoopstad gimnaste wat deelgeneem het. Ons derde kompetisie was die NOVS Vriendskaplike Kampioenskap te Riebeeckstad. In moeilike omstandigh- ede het Hoopstad klub steeds uitgeblink met 23 algehele plekke uit die 46 Hoopstad inskrywings. I n d i e N O V S K w a l i f i s e r e n d e Kampioenskap op 10 Augustus, vir vlakke 1-3, was Hoopstad uitstaande. Met 25 gimnaste wat top drie posi- sies behaal het, waarvan 11 algehele eerste plekke was, het die klub sy stempel behoorlik afgedruk. Op die kampioenskap vir vlak 1-3 is 41 gim- naste uit 45 gimnaste vanuit Hoopstad klub verkies om aan die Sentrale Sone Kampioenskap te Britz mee te ding. Ook in die NOVS Kwalifiserende Kampioenskap, vir vlakke 4-7, op 24 Augustus het Hoopstad uitgeblink. Hoewel Hoopstad klub net twee deel- nemers gehad het, het ons algehele eersteplekke behaal onderskeidelik in vlakke 4 en 7. Hoopstad het ook die trofee gewen vir die hoogste gemiddeld tydends die Kompetisie. Albei gimnaste is gekies om op SA Spele te Matsport in Pretoria deel te neem op 23, 24, en 25 September 2013. By die Sentrale Sone Kampioenskap het Hoopstad 3 platinum medaljes, 13 goue medaljes, 15 Silver en 5 Brons medaljes verower. In vergelyking met laasjaar se 6 goue medaljes, 18 silvermedaljes en 13 brons het ons uitstaande presteer. Baie geluk aan al die deelnemers. By die SA Spele het Hoopstad nie plekke behaal nie maar ons het ons goed van ons taak gekwyt. Ons nuwe seisoen begin in die 4de kwartaal, waar ons weer hard sal werk om elke kind se doelwit te bereik. Dankie aan die Suid- Boerevereniging dat ons julle saal mag huur. Dit is duidelik dat ons die vrugte pluk, van die ruim saal waar ons in kan oefen. Dankie aan elke afri- gters byname; Ilze Botha, Jaco Swanepoel, Corne Swanepoel, Sunette Brink en tannie Louise de Wet. Sonder julle sou ons nie so hoog kon vlieg nie. Met ‘n borg soos CJ Barnard en Seuns kan ‘n klub nie anders as om uit te staan nie. Hulle het vir ons vanjaar 4 landings- matte ter waarde van R8000 elk, ‘n bord in ons saal, voorsienning van medaljes vir ‘n kompetisie ter waarde van R15 000, Seuns trofees vir vlakke 1-3 ter waarde van R1500, en deelname trofees ter waarde van R1500 geborg. Hulle beoog ook om vir ons volgende jaar ‘n nuwe seunsbrug aan te koop. Niets baie dankie. Dit word opreg waardeer. Met so besige jaar en soveel welslae kan ons net ons ABBA Vader al die eer gee vir soveel seën. Dankie vir elke dag se beskerming en teenwoordigheid by ons klub.
  • 40. 40 Die Fakkel Desember 2013 Tydens die NOVS Kampioenskap ontvang Tiaan Botha en Daniëlle Swart elk ‘n trofee vir Hoogste gemiddelde vir vlak 1-3 Seuns en Dogters, onderskeidelik. Sonika Swart ontvang ‘n trofee vir Hoogste gemiddeld tydens NOVS kampioenskap vir vlak 4-6 asook Beste prestasie tydens SA’s Kampioenskap vir vlak 4-6. Anneke Snyman ontvang ‘n trofee vir Beste prestasie tydens die Sentrale Sone vir vlak 1-3. Hoërskool Bultfontein het op 25 Oktober Stap vir Bybels by die skool gehad. Mnr. Marius Vorster het dit gereël. Foto onder v.l.n.r: Stefan Basson, Marchelle van Zyl, Ané Bezuidenhout en Guilliam Viljoen Die twee leerders van Hoërskool Bultfontein het in Port Elizabeth aan die Interprovinsiale Atletiek byeenkoms deelgeneem. Marné Smith het 1ste plek in Biathle en Corniel Smith het `n 1ste plek in Biathlon en Tweekamp behaal.
  • 41. 41Die FakkelDesember 2013 Agter: Nicky Lienberg (Gr.4, 1ste ); Kaylin Oberholzer (Gr.4, 2de ); Tian Botha (Gr.5, 1ste ); Franco Nel (Gr.5, 2de ); Janika van Wyk (Gr.6, 1ste ); Marlie Niewenhuis (Gr.6, 2de ); Lohan Jordaan (Gr.7, 1ste ); Siposishle Dlamini (Gr.7, 3de ) Voor: Marianka Rossouw (Gr.4, 3de ); Hanru Marais (Gr.5, 3de )’ Jomar Kotzé (Gr.6, 3de ); G.J. Oberholzer (Gr.7, 2de ) Ons is baie trots op dié Ebies met hul mooi musiek uit- slae vir die Unisa Musiekeksamen. Kaylin Oberholzer slaag Unisa Graad 1 met lof, Chané Viljoen slaag Unisa Graad 2 met eer- volle vermelding. Inneke Otto slaag Unisa Graad 1 met eervolle ver- melding, en Nicky Liebenberg Unisa Graad 1 met Lof. Elandri Du Plessis het haarself weereens as uit- ers bekwame skut bewys en haar groen baadjie (Springbok) verower. Het hierdie jaar weer plek in Vrystaat Span gekry om op Nasionaal te gaan deelneem. Sy het vir Kleingeweer (.22) & Grootgeweer (.222) weer gekwalifiseer. Sy is Kleingeweer & Grootgeweer Kampioen in die Vrystaat vir Penkop dogters as ook met hand- wapen. Sy is algehele Kampioen in Vrystaat vir Kleingeweer. Op Nasionale Vlak: Is sy Kleingeweer sowel as Grootgeweer Kampioen en verower dus haar tweede groen baadjie. Sy was ook die enigste skut wat met Kleingeweer ‘n voltal kon behaal. Foto regs bo: Agter: Kaylin Oberholzer, Chané Viljoen, Inneke Otto Voor: Nicky Liebenberg Baie geluk aan die volgende leerders van Hoërskool Hoopstad wat tydens die Prince/Kloppers Masters Cup tennistoer- nooi plekke behaal het Foto onder v.l.n.r: Marco de Kock: o/14 – 2de plek P.D van Schalkwyk: o/18 – 4de plek Marinique de Kock: o/10 – 2de plek
  • 42. 42 Die Fakkel Desember 2013 Leerders van Hoërskool Hoopstad het uitstekend gevaar tydens ‘n uithourit te Kimberley. Marné Muller het ‘n derde plek en Johan van Niekerk ‘n eerste plek tydens die 120 km-uithourit behaal. Johan het ook algeheel derde geëindig. Nelmarie Muller het ‘n vierde plek onder die kinderruiters wat 80km gery het, behaal. Wiskunde: Elize Ferreire – 4de plek Wiskunde Geletterdheid: Danya Schutte – 3de plek Shaun Roberts – 3de plek Ruan van Aswegen – 6de plek Baie geluk aan Marco de Kock, ‘n leerder aan Hoërskool Hoopstad, wat in die FS Masters se top 8, tweede geëindig het. Hoërskool Hoopstad wil vir Marco ook alle sterkte toe- wens tydens die November vakansie waar hy die Vrystaat verteenwoordig tydens wedstryde teen die Griekwas en Oostelike Provinsie asook sy deelname aan ‘n toernooi in Port Elizabeth. Die volgende leerders het almal dié uithourit suksesvol voltooi: Elize Ferreira, Mari Ferreira, Elani Naudé, Zander Mynhardt, Gericke Terblanche, JD Horn, Deanette Jacobs. Baie geluk aan die volgende leerders van Hoërskool Hoopstad wat puik presteer het tydens die Amesa Olimpiade: Saamwerk het aan die Bultfontein top 20 Atletiek gaan deelneem en som- mer baie medaljes huis toe gebring.
  • 43. 43Die FakkelDesember 2013 Verna Vels het 50 jaar gelede ‘n liefdevolle, naïwe karaktertjie geskep en haar Liewe Heksie gedoop. Tot vandag toe vermaak sy oud en jonk. Ja, sy kruip sommer gemaklik in die meeste se harte. Kleinbroek het ‘n 2013 verwerking daarvan aangebied. Ja, en daar word sy toe Liefste Heksie. Baie dankie aan al ons kinders, ouers, onderwysers, borge, vriende en ondersteuners. Alle harde werk het pragtige vrugte gedra!!! Daar is ‘n gesegde wat sê dat die vere die voël maak. Ja die kostuums was kleurryk en besonders, maar glo my, hierdie onderwysers verdien spesiale vermelding, want hulle het tot die hoenders in hul pragtige vere leer vlieg!!!!!! Die graad 4-klas van Kleinbroek het hul eie verkeerstekens gemaak en paaie gebou om die verkeersreëls vir padgebruikers te demonstreer. Die boodskap wat hulle graag uitdra aan die gemeenskap, is: “STOP! Kyk regs, dan links en weer regs”. Kom ons gehoorsaam ons padreëls en verkeerstekens en sorg so dat Bothaville ‘n veiliger dorp is om in te bestuur!
  • 44. 44 Die Fakkel Desember 2013 Edna se musiekskool wil net graag geluk sê aan die volgende leerlinge vir uitmuntende prestasies behaal met die Trapeksamen vir 2013. Elri de Jager; (Blokfluit, Trap 3, 87.0%), (Klavier, Trap 3, 81.5%) Anje de Jager; (Blokfluit, Trap 1A, 78.0%), (Klavier, Trap 1A, 83.0%) Cornél de Jager; (Blokfluit, Trap 3, 81.0%), (Klavier, Trap 3, 75.0%) Cornelia de Klerk; (Blokfluit, Trap 1A, 82.5%) Ceretha Olivier; (Klavier, Trap 2, 80.5%) Leandri Els; (Blokfluit, Trap 3, 83.0%) Marge van der Walt; (Blokfluit, Trap 1A, 79.5%) Lerato Mphatsoe; (Blokfluit, Trap 2, 78.5%), (Klavier, Trap 3, 81.0%) Palesa Mphatsoe; (Blokfluit, Trap 1, 76.5%) Monique Baumgarten; (Klavier, Trap 2, 80.0%) Graag wil ons ook van die geleentheid gebruik maak om baie dankie te sê aan Ronél Roux wat gehelp het met van die leerlinge se eksaminering. Edna se musiekskool wil dankie sê vir elkeen wat van die musiekkonsert so groot sukses en wonder- like dag gemaak het. Ons het dit regtig almal saam geniet. Dankie aan elkeen se deelname aan die konsert- van die beplanning, deur elke oefening, tot die opruim van die saal. Elkeen het ‘n bydrae gelewer om van die dag so ‘n groot sukses te maak. Dankie aan elke leerling vir hulle getroue bywoning van lesse deur die jaar en baie geluk met wat julle elkeen bereik het. Om net ‘n paar hoogtepunte te noem. Ons gaskun- stenaars, wat ons met sang vermaak het, was Marianka Roodt, Marius Venter en Edna Grové. Vir ‘n bonus het ons saam met die sang ‘n dansopvoer- ing gehad deur Kristie Dreyer. Haar opvoering was ‘n pragtige vertolking en uitbeelding van Marianka en Marius se sang. Die verrassings item van die middag was ‘n pragtige katte duet deur Gerda Roux en Edna Grové. Ook wil ons die volgende borge hartlik dank: Balkin Hardeware, Bothaville Apteek, Bothaville Spar, Drommedaris Apteek, Hobbylix, Midas, Pieter Otto, Spur en Suretha Fourie. Ons dank gaan ook uit na Kristie, Thomas en Anneli Dreyer vir die plasings van die Veldbrandberigte. Ook aan Ilze Ludick vir die gereelde Fakkel berig plasings. Spesiale dank aan Hilde-Marie de Jager vir al haar liefde, geduld en onvoorwaardelike hulp met al die reelings en maak van die puik programme. Dan ook aan Villa Su-Hansa ‘n hartlike en opregte dank vir die lieflike ontvangs. Dit was voorwaar ‘n voorreg om ons konsert by julle aan te bied. Elke ouer kan trots wees op elke kind en weet hulle kinders gaan nog ver kom in ons groot wêreld.
  • 46. 46 Die Fakkel Desember 2013 Foto Onder: Machel Luddick (Judo Beste group 0); Elsje Luddick (Judo cup meisie); Danel Luddick (Geveg van die jaar, Deursettings ver- moë, Ystertrofee, Beste Tegniek Dames , 4de in die klub en Beste vor- dering Meisies). Foto Onder v.l.n.r: Machel Luddick dogters o/8 jaar Stoei troffee; Elsje Luddick dogters bo/11 jaar Stoei troffee; Danel Luddick Stoei dogters o/11 jaar en streek wenner Stoei . Foto Bo: Danel Luddick in aksie, Streek kampioen. Foto Links: Machel Luddick (bo), Streek Kampioen. Foto Bo: Elsje Luddick (Judo, 4de op SA’s) Foto Regs-Bo: Danel Luddick (Judo SA skole Kampioen vir die 3de jaar agter mekaar en ope SA Kampioen van jaar 2013) Foto Bo: Danel Luddick (Kurash Silver medalje op SA VanderBijlpark). Foto Bo: Machel Luddick (SA Judo skole kampioen, 3de jaar agter mekaar).