Nie die bloed van 'n vegter . . . maar die bloed van die lam
1. Nie die bloed van ‘n vegter, maar die bloed van ‘n Lam . . .
2. Wanneer ‘n sondige Israeliet sy saak met God wou regstel, was dit die bloed
van ‘n lam wat gestort & op die altaar gesprinkel moes word . . .
Sodoende het die mens
vergifnis vir sy sonde
verkry, maar moes
telkemale die ritueel
herhaal indien hy sy
verhouding met God wou
herstel . . .
3. Jeshua die Lam van God het die sonde van die wereld op Hom gedra
& die offers van lammetjies wat die mens deur soveel jare gebring het,
finaal afgehandel aan die kruis . . .
Maar waarom
het Hy Sy lewe
afgele vir die
mens?
Waarom het die kosbare bloed
van Jeshua Ha Mashiah soveel Krag by God?
4. Omdat God die Skepper ‘n bloedverbond met Jeshua die Messias gesluit het
om in te staan vir die sondes van die mens . . .
Handelinge 4:12
Die saligheid is in
niemand anders
nie, want daar is
ook geen ander
naam onder die
hemel wat onder
die mense gegee
is, waardeur ons
gered moet word
nie
–
5. Die Titel: “Die Lam van God” wat dikwels aan die Messias
gegee word in die Woord, is eerstens . . .
‘n beskrywing van Sy werk:
Om ‘n offer te wees vir die
sondes van die mens . . .
6. Maar die Titel “ Lam van God” het ‘n dieper betekenis . . .
Dit beskryf Sy karakter . . .
Jeshua is die Lam omdat Hy
(1) Saggeaard;
(2) nederig;
(3) Sagmoedig;
(4) onderdanig &
(5) temoedkomend is
Hy onderwerp Sy eie wil
aan die wil van Sy Vader vir die
seen & redding van die mens . . .
7. Jeshua het die temperament van ‘n lammetjie
& nie die karaktereienskappe van ‘n vegter nie . . .
Dit is die karakter van die persoon wat die bloed gestort het
wat die kosbare bloed van Jeshua soveel krag gee. . .
8. Toe die Vader se wil & die wreedheid van die mens na ‘n bitter ondervinding op
Golgotha lei, het die Lam Sy Hoof gewillig & nederig gebuig . . .
Toe Hy gehaat is, het Hy nie
teruggehaat nie, toe Hy gely
het, het Hy nie vir Sy regte
opgestaan & gedreig nie.
Hy het niemand teruggeslaan
nie, Jeshua het nie gemurmereer
of in opstand gekom nie . . .
Dit is hierdie Lam wat Jesaja in hoofstuk 53 vers 7 beskryf: “ Hy is
mishandel, hoewel Hy onderworpe was & Hy het Sy mond nie oopgemaak nie;
soos ‘n Lam wat na die slagplek gelei word & soos ‘n skaap wat stom is voor Sy
skeerders – ja, hy het Sy mond nie oopgemaak nie . . .
9. Enige ander persoon sou weerstand bied & in opstand kom teen die manier
waarop die Romeinse Soldate Hom hanteer het. . .
Die bespotting, die
uitskel, die
sweepslae oor Sy
lyf, die spoeg &
uitpluk van sy
baard, die
martelinde opmars
na die heuwel; die
vasspyker teen die
kruis , die meswond
in Sy sy, en die vloei
van die bloed…
geeneen van hierdie
dinge sou ooit
plaasgevind het, as
Hy nie die sagte
temprament van ‘n
lammetjie gehad
het nie . . .
10. In gehoorsaamheid aan God, stel Hy Homself ondergeskik aan die Vader & uit
liefde vir die mens, bly Hy onderdanig op die kruistotdat die offer afgehandel is
Vandag nog hanteer die mens Jeshua net soos wat hulle wil,
maar Hy verdra alles in stilte, terwille van ons . . .
11. Al hierdie marteling… om vir my sondes te betaal …
Jeshua is nie die Lam omdat Hy op die kruis gesterf het nie…
Hy het aan die kruis op Golgotha gesterf…
omdat Hy die Lam is!
12. Jeshua se bloed is uiters kosbaar vir God omdat Hy saggeaard, liefdevol
& uiters onderdanig aan die Skepper, Sy bloed gestort het
vir die redding van die ganse mensdom . . .
Waar word Jeshua
se liefde beter
uitgeleef, of
duideliker
gedemonstreer, a
s juis in die afle
van Sy lewe, om
sodoende ‘n
persoonlike
verhouding
tussen die mens
& die Skepper
God moontlik te
maak . . .
13. Daarom het God Jeshua uitermate verhoog & Hom ‘n
Naam gegee wat bo elke naam is,
sodat in die Naam van Jeshua sou buig,
elke knie van die wat in die hemel & die wat op die
aarde & die wat onder die aarde is & elke tong
sou bely dat Jeshua die Christus,
die Here is tot heerlikheid van God die Vader
- Filippense 2:9-10
14. God wil met élke mens ‘n persoonlike verhouding hê,
‘n huweliksverhouding volgens die beginsels van ‘n huweliksverbond . . .
Christus is die
Bruidegom, & elke
wedergebore Kind
van God, Sy Bruid!
Soos in enige huwelik, wil God met jou ‘n intieme persoonlike verhouding hê.
So intiem, dat Hy Sy Woord soos saad in jou gees wil stort, sodat dit in jou kan groei
tot volwassenheid in die geloof & geestelik vrug kan dra . . .
15. Waarom is die liefdesverhouding in die huwelik vir God so belangrik?
Eerstens omdat Hy ons as man en vrou geskape het,
soos na verwys in Genesis 2:22-24:
“En die Here God bou die
rib wat Hy van die mens
geneem het, tot ‘n vrou, en
bring haar na die mens.
Toe sê die mens: Dit is nou
eindelik been van my
gebeente en vlees van my
vlees. Sy sal mannin (vrou)
genoem word, want sy is uit
die man geneem. Daarom
sal die man sy vader en
moeder verlaat en sy vrou
aankleef. En hulle sal een
vlees wees.”
Dit was dus van die begin af God se plan dat huweliksmaats hulle sal losmaak
van hulle ouerhuise en EEN sal word in gees, sowél as vlees. . .
Net so moet jy jou van die wereld losmaak & God aankleef
wanneer jy jouself tot ‘n verhouding met Hom verbind . . .
16. Die eenwording van die vlees in ‘n huweliksverhouding
is in God se oë die toppunt van liefde. . .
Dít is inderdaad die presiese oomblik wat daardie man
& vrou in God se oë met mekaar getroud is. . .
Op die oomblik van vleeslike
omgang, wanneer die man die
vrou se maagdevlies breek,word
letterlik 'n bloedverbond
aangegaan, nét soos wat God 'n
bloedverbond aangegaan het deur
die tempel se voorhangsel (die
maagdevlies) te skeur by die
aangaan van die nuwe
bloedverbond toe Jeshua se bloed
aan die kruis vir ons gestort is. . .
Hierdie bloedverbond tussen God & Jeshua vorm die basis vir die Christelike geloof
17. Elke mens wat Jeshua as die Seun van God die Vader erken
& Sy offer aan die kruis in geloof aanneem, word in die huweliksverbond
bevestig tussen Jeshua & die Kerk op aarde . . .
Laat ons bly wees & ons verheug & aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof
van die Lam het gekom & Sy vrou het haar gereed gemaak. Aan die Bruid
(Gelowiges) is gegee om bekleed te wees met rein & blink fyn linne, want die fyn
linne is die regverdige dade van die heiliges . . . Openbaring 19:7-8